Jongste Nuus

Man deur plofstof opgeblaas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-LOHATHLA: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het aangedui dat hulle nou meer op veiligheidsbewustheid gaan fokus nadat ‘n siviele man in by ‘n gevegsopleidingsgebied opgeblaas is.

Henry Willemse het verlede Donderdag uitgegaan om sy vee te gaan haal en sy lyk is die volgende dag langs sy gedeeltelik verbrande bakkie gevind. To read more, read our  22 Nov 2019 issue.

Jongman vas wat drie seuns verkrag

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-POSTMASBURG: ‘n 18-Jarige verdagte van Postmasburg is  deur die polisie in hegtenis geneem in verband met die verkragting van drie seuns van 8 en 9 jaar oud. Na bewering het die drie kinders op Saterdag 2 November in die straat gespeel, nie ver weg van die vermoede van die verdagte nie, toe hulle na die man se huis geroep is. Die kinders is met ‘n mes gedreig voordat hulle seksueel aangerand is.  Na bewering is die slagoffers oor ‘n tyd-perk verkrag. To read the full story, read our  15 November 2019 issue

Intensiewe soektog na vrou se lyk in begraafplaas gekry is

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON:  ‘n Grootskaalse intensiewe soektog is by die Rosedale  van stapel gestuur na die gru-moord op ‘n 27-jarige vrou. Die lyk van die slagoffer is Donderdag omstreeks 11:00 in die Morning Glory begraafplaas, ontdek deur ‘n verbyganger wat die polisie ontbied  het. Voorlopige ondersoeke toon dat die slagoffer seksueel aangerand en verwurg is. Geen arrestasie is gemaak nie en die polisie is op soek na Niklaas Van Wyk wat die polisie kan help met die ondersoeke.  To read the full story, read our  15 November  2019 issue

Gemeenskap trek vrou se moordenaar vas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN: Die polisie van Mothibistad het ‘n 21-jarige man in hegtenis geneem na die moord op ‘n 59-jarige vrou. Na bewering het die verdagte in die vroeë oggendure van Donderdag, 07 November 2019, die huis van die slagoffer binnegedring en haar doodgeskok. Die voorval het in die dorpie Seoding plaasgevind. Die bure van die slagoffer het geluide  van ‘n struweling uit die huis van die slagoffer gehoor. Die verdagte het van die toneel gevlug terwyl die bure ondersoek instel. To read the full story, read our  15 November 2019 issue

Stof staan toe Bloodhound 700 km/h bereik

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-HAKSKEENPAN:  Die Bloodhound Land Speed Record (LSR) -span, wat onlangs in SA aangekom het om sy hoëspoed-toetsprogram aan die Hakskeenpan te begin, het behoorlik stof opgeskop toe hy probeer het om die landspoed-rekord te breek.

 Na die eerste toetslopie het die vuurpyl- en jet-aangedrewe Bloodhound-motor, met die bestuurder Andy Green aan die stuur, 741.908 km/h geklop, terwyl die span daarop gemik is die bestaande rekord van 1.228 km/h te klop. To read more, read our  8 Nov 2019 issue.

 

Is NHI gesondheid se Eskom?

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Wat na verwys word as die Eskom van Gesondheid, is die Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) ‘n wetsontwerp wat die regering volmag oor jou mediese behandeling sal gee en die belastingbetaler ‘n beraamde R256miljard uit die sak sal jaag, nog voor dit geïmplimenteer is.

Krimpende groei en ‘n groter begrotingstekort het ‘n uitwerking op die bekostigbaarheid van Nasionale Gesondheidsversekering (NHI), volgens die mediumtermynbeleidsverklaring. . To read more, read our 8 Nov 2019 issue.

Waterkwaliteitsondersoek: Groot kommer oor ons water

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Gariep Watch, ‘n burgerlike organisasie wat probeer om die Benede-Oranjerivier te beskerm deur effektiewe monitering en data-insameling, verbeterde kommunikasie deur rolspelers en die bevordering van openbare deelname, het die afgelope tyd ‘n paar kundiges ingebring om die waterkwaliteit hier te ondersoek en van die uitslae is verlede week verder bekend gemaak.

Fritz Bekker van Clean Stream Environmental Services en sy span het veranderlikes in die kwaliteit van die waterkwaliteit, die integriteit van die habitat en makro-ongewerweldes in die Oranjerivier hier op Upington kom toets.

Hulle het ook van elektrovisvang gebruik gemaak om visspesies in hul onderskeie habitats te monitor.

Die bevindings is as volg:

Menslike gebruik

  1. Die laer Oranjerivier is erg besmet met patogene bakterieë met die oorsprong gevind by Douglas, Prieska en Upington waar rou riool in die rivier losgelaat word.

To read the full story, read our 1 November 2019 issue

Plan vir droogtehulp nou geïmplimenteer

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Gebaseer op die verbintenis wat die adjunk president, David Mabuza, onlangs aan Noord-Kaapse boere  gemaak het om onmiddellik R30 miljoen beskikbaar te stel vir droogtehulp, het die LUR vir  Landbou, Grondhervorming, Omgewing en  Landelike Ontwikkeling,   me Nomandla Bloem,  ‘n implementeringsplan waarin die geld bestee word,verlede week goedgekeur en met die georganiseerde landbou gedeel.

Die plan het drie sleutelfokusareas:

  • Direkte aankoop van voer by koöperasies en projekte wat tans voorraad het,
  • Aanplanting van mielies in die Richtersveld en Khai-Ma,
  • Vervoer van geskenkte voer en voer vanaf die voedingsbank en uiteindelik
  • Die uitbreiding van die voerbank. To read the full story, read our  1 November 2019 issue

Inwoners gemaan om water spaarsaam te midde van droogte te gebruik!

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die departement van water en sanitasie doen ‘n beroep op inwoners om waterbesparingsgewoontes te verskerp, aangesien damvlakke in baie dele van die land weens warm weersomstandighede en ‘n gebrek aan reën daal. Die Noord-Kaap is die droogste provinsie in Suid-Afrika met ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 200 mm. Die skaarsheid van waterbronne is ‘n kenmerkende eienskap van hierdie droë omgewing. Gedragsverandering in waterverbruik kan ‘n geweldige bydrae lewer tot die verbetering van ons watersituasie. Altesaam 280 gemeenskappe in die Noord-Kaap is afhanklik van grondwater, wat ongeveer 40% van huishoudings uitmaak. Van hierdie gemeenskappe gebruik meer as  die aanbevole volhoubare opbrengs van grondwaterbronne. To read the full story, read our  1 November  2019 issue