Onnie wat leerder seksueel aanval gevonnis
GEMSBOK-KURUMAN: Die streekhof in Kuruman het verlede week die 58-jarige Allan Charles Reed skuldig bevind aan die seksuele aanranding van ‘n 12-jarige leerder.
Die aanranding het op 15 Februarie 2015 in ‘n klaskamer plaasgevind toe die slagoffer na haar onderwyser gegaan het vir hulp.
Reed het sy arm om die slagoffer gesit, haar gesoen en sy hand in die meisie se broekie gesit.
Die slagoffer het gehuil en weggehardloop om die saak aan ‘n ander onderwyser te rapporteer.
Die saak is op 20 Februarie by die polisie aangemeld en Reed is op 23 Februarie in hegtenis geneem. Vir meer lees ons 12 Februarie 2021 uitgawe