Jongste Nuus

Twee Marchand mans aangekla vir poging tot moord

Posted in Jongste Nuus

http://www.northwestnewspapers.co.za/gemsbok/index.php/nuutste-uitgaweGEMSBOK-MARCHAND: Die Marchand gemeenskap is briesend oor die wrede aanranding en poging tot moord op Phillips van Wyk (51) verlede week.

Volgens lede van die gemeenskap was Phillips  by ‘n bekende visvang en waterskep plek by die Oranjerivier, toe die twee mans hom ontvoer het.

Jan Heyneke (60) en Christiaan Breedt (51) is in hegtenis geneem nadat hulle Sondagoggend omstreeks 09:00 na bewering vir  Phillips ontvoer, angerand en vir dood agter gelaat het. To read more, read our 25 Des 2020  issue.

Duo-verkragters skuldig

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PRIESKA: Die waarnemende provinsiale kommissaris in die Noord-Kaap, generaal-majoor Henriette De Waal, verwelkom die skuldigbevinding van twee verkragters in die Noord-Kaapse hooggeregshof op 10 Desember 2020 toe die land die 16 dae van aktivisme-veldtog teen geweld van vroue en kinders afgesluit het.

Op 28 Junie 2019 het die oorledene Vanessa Jacobs (33) van uitbreiding 13 in Prieska om 22:00 haar broer se huis verlaat, onderweg na haar huis.

Die volgende oggend omstreeks 08:10 is die naakte bewustelose oorledene op die perseel van die ou openbare werke in Old Upingtonweg ontdek. Vir meer  nuus lees ons  18 Desember  2020 uitgawe

Verdagte in verband met transito rooftogte gevang

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN:  ‘n 39-Jarige het verlede week voor die Kuruman-landdroshof, na aanleiding van sy inhegtenis-neming in ‘n gesamentlike operasie deur die Valke se ondersoek na ernstige georganiseerde misdaad en SAPS opsproringspan 2020 vir kontant-in-vervoer-verwante misdade, verskyn.

Die verdagte is Dins-dag in Hartswater in hegtenis geneem nadat hy deur die polisie gesoek is.

Hy is na bewering betrokke by ‘n reeks rooftogte wat in 2018 in die omgewing van Kuruman en Pampier-stad plaasgevind het.

Tans is hy positief geïdentifiseer vir sy betrokkenheid by die Kuruman-saak van kontantrooftog waarby twee veiligheidsbeamptes deur ses gewapende verdagtes glo van ‘n onbekende bedrag geld beroof is. .Vir meer  nuus lees ons  18  Desember  2020 uitgawe

Man wat hom as SAPD voordoen gevang

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KATHU: Die Valke in die Noord-Kaap het ‘n man in hegtenis geneem nadat hy homself as ‘n polisiebeampte voorgedoen het en in besit van twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie gevind is.

Owerhede het tydens ‘n multidissiplinêre operasie ‘n gewapende roof opgevolg wat langs die N14-snelweg naby Kathu plaasgevind het.

Tydens die inhegtenisneming van die verdagte het beamptes ‘n reflekterendebaadjie, boeie sowel as ‘n blou noodlig gekry. Vir meer  nuus lees ons  18 Desember  2020 uitgawe

DKM gaan nou Eiland verkoop

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: “Die Raad van Dawid Kruiper Munisipaliteit het na deeglike ondersoek en oorweging tydens hul Raadsvergadering op 24 November 2020 besluit om die Eiland Vakansie Oord te verkoop by wyse van openbare tender,” so lui die persverklaring wat deur die Dawid Kruiper Munisipaliteit uitgereik is.

Dit volg nadat die Gemsbok onlangs ‘n artikel oor die verval van die eiland geplaas het. Die Gemsbok het intussen vele oproepe van spekulasie en gerugte oor die verkoop van die eens weelderige oord.  To read more, read our 11 Des 2020  issue.

 

NK se blou-en-groen-druppel status

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in die Noord-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer. To read more, read our 11 Des 2020  issue.

Moordenaar kry 15 jaar

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN: Die Noord-Kaapse polisiebestuur het konstabel Khumooetsile Setlhauno toegejuig vir goeie ondersoekwerk en samewerking deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die departement van justisie (DOV) deur toe te sien dat die  22-jarige Kagiso Senwedi skuldig bevind en gevonnis word.

Senedi  is vroeër vandeesweek deur die Kuruman-streekhof skuldig bevind vir die moord wat hy in September 2019 gepleeg het en is tot effektiewe gevangenisstraf van 15 jaar gevonnis. To read more, read our 11 Des 2020  issue.

 

ZFM Loods 15 dae aktivisme program

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON:  Die SAPD in die ZF Mgcawu-distrik het onlangs  die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders in die strate van Upington   van stapel gestuur nie.

Die aanvang van die veldtog is deur middel van pamflette versprei op verskillende kruisings in Upington, Rosedale en Paballelo gedoen.  To read more, read our 11 Des 2020  issue.

Hoteleienaar se moordverdagtes in hof

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-POFADDER: Die verdagtes wat aangekeer is vir die moord op Leon Brits (41), die hoteleienaar, in hegtenis geneem is, het verlede week om borgaansoek in die hof verskyn.

Twee van die drie verdagtes is met waarskuwings vrygelaat.

 Brig Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê   Amantle Bareki (24) en Enrich Williams (37)  moet op 22 Februarie 2021 weer in die hof verskyn.

Die derde verdagte, Jacques van Vuuren (34) bly steeds in aanhouding  en kan eers op 11 Desember 2020 vir borg aansoek doen..Vir meer  nuus lees ons  04 Desember  2020 uitgawe

Sewe vas vir R1 miljoen se dagga

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PABALLELO: Sewe verdagtes tussen 30 en 50 jaar oud het verlede week in die Upington-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms.

Die inhegtenisneming van die verdagtes was ‘n resultaat van ‘n jaarlange intelligensie-gedrewe operasie genaamd Thuma Mina.

Die fokus van die operasie het onder meer gepoog om die onwettige handel in dwelms, onwettige vuurwapens en gesteelde goedere uit te roei. .Vir meer  nuus lees ons  04 Desember  2020 uitgawe