Jongste Nuus

GAMSBERG MYN: Geen verandering nie - die soektog gaan voort

Posted in Jongste Nuus

 

GEMSBOK-AGGENEYS: Vedanta Zinc International (VZI) gaan steeds voort met sy reddings- en herstelaksies om na sy oorblywende vermiste kollega te soek na ‘n rotsstortingsvoorval wat vroegoggend op Dinsdag 17 November 2020 by die Gamsberg South Pit-terrein plaasgevind het.

Daar is begin met die bou van ‘n oprit na die ingevalde massa met behulp van afvalmateriaal. Die oprit word opgerig om toegang te verleen tot ‘n teikenarea in die ingevalde massa, wat geïdentifiseer is met behulp van elektromagnetiese hommeltuigmetings en die laaste bekende ligging aangedui deur GPS wat in die voertuig geïnstalleer is (met die CAS-stelsel).

Om onbeheerste rotsstortings tydens die reddings- en herstelmissie te voorkom, word die gebied veilig gemaak deur kundiges van ‘n  derde party wat deur die spanne op die terrein ondersteun word. Vir meer  nuus lees ons  04 Desember  2020 uitgawe

Gamsberg Reddingspoging

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-AGGENEYS: Reddingswerkers  soek steeds na die laaste van tien mynwerkers wat in die Gamsberg-sinkmyn by Aggeneys se suidelike myn vasgekeer is.

Tot dan is al die mynaktiwiteit steeds opgeskort, het Vedanta Zinc International (VZI) in ‘n persverklaring Dinsdagoggend gesê. “Mynbou-aktiwiteite by Gamsberg-myn bly opgeskort tot verdere kennisgewing,” het die maatskappy gesê en bygevoeg dat hulle tegniese kundiges ingeroep het om die reddingsoperasie te doen. To read more, read our 27 Nov 2020  issue

Nog ‘n ondersoek kom oor DKM se vuil water

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-ROSEDALE: Die waterbeskermings organisasies, Gariep Watch, het verlede week ‘n versoek van ondersoek na die besoedelde water, teen die Dawid Kruiper Munisipaliteit se munisipale bestuurder, by die Rosedale SAPD aanhangig gemaak.

Dit het gevolg na ‘n rits deeglike watertoetse en monitering wat daarop dui dat DKM se watersuiwering sowel as die rioolstelsel nie op standaard is nie. To read more, read our 27 Nov 2020  issue

Kakamas bevelvoerder lei deur voorbeeld

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KAKAMAS: Kaptein Robert Hank Turner, bevelvoerder van die SAPD op Augrabies het verlede week, deur ‘n puik voorbeeld, gewys hoe dienaars van die gereg die gemeenskap moet dien.

Op Woensdag oggend 2020-11-18 was kaptein Turner  op pad werk toe,  toe hy ‘n onbekende man opgemerk het wat ‘n deur op sy buurman se perseel, gedra het. To read more, read our 27 Nov 2020  issue

Bejaarde in haar woonstel vermoor

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Sosiale media het Maandag in ongeloof en woede gegons nadat die lyk van ‘n 80-jarige vrou in haar woonstel in Gemsboklaan, Middelpos ontdek is.

Sers Masegela van die Upington SAPD het aan die Gemsbok bevestig dat die SAPD van Upington  die vermeende moord op die 80-jarige Hennetjie Kruger ondersoek. “Op Maandag 16 November 2020 omstreeks 13:00 is die lyk van die oorledene in haar huis in Middelpos, Upington, deur ‘n familielid ontdek. Die slagoffer het wonde aan haar gesig en nek gehad,” lui die persverklaring wat aan die Gemsbok verskaf is.

’n Grootskaalse soektog is deur die polisie na die aanvaller(s) begin en gerugte dat die vermeende moordernaar(s) reeds vasgetrek is, kon nie ter perse bevestig word nie.

Die polisie vra dat enigeen met inligting  wat met die ondersoek kan help, die ondersoekbeampte, ao. Steven Roos, by 082 693 7130 bel. .Vir meer  nuus lees ons  20 November  2020 uitgawe

Dwelmhandel in Kathu geknou

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KATHU: ‘n Span bestaande uit lede van die Kuruman K9-eenheid, Kathu Sigbare Polisiëring, Kathu Misdaarvoorkomingsgoep 2 en Skof B-lede het op 11 November 2020 om 13:30 ‘n dwelmhandelaar gearresteer.

Die arrstasie is gemaak terwyl hulle misdaadvoorkomingspligte uitgevoer het, spesifiek gefokus op dwelms in die omgewing van Hendrick van Eck langs die munisipale park.

Die lede het lukraak persone gestop en deursoek in ‘n poging om plunderaars, dronkies en dwelmhandelaars in openbare ruimtes aan te spreek, toe ao Ben Eiman ‘n 28-jarige man deursoek en hom in die besit van 11 Ziplock-sakke gevul met dagga en nege met tik sakke bevind Die dwelms beloop ‘n geraamde straatwaarde van R1 500. .Vir meer  nuus lees ons  20 November  2020 uitgawe

Anne Rasa, die Kalahari se ‘Meerkat Moeder’ is oorlede

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-ASKHAM: Die ikoniese dierkundige prof. Anne Rasa (80) wat haar lewe gewy het aan die studie van die gedrag en biologie van die woestyndiere in die Kalahari, is die afgelope naweek oorlede.

Prof Rasa is Sondagoggend in haar slaap oorlede.

Sy het bekendheid verwerf as een van die laaste van haar era in die dierewetenskap en dierlike gedrag veld,  soos Konrad Lorenz, Jacques Cousteau en Dian Fossey.

Sy is gebore in Wallis en  het afgetree in die Kalahari, waar sy die afgelope twintig jaar die gedrag en biologie van woestyndiere ondersoek het.

Sy het dierkunde studeer aan verskeie prestige institusies soos die Imperial College, die Universiteit van Londen, die Universiteit van Hawaii en die Max-Planck Instituut Seewiesen, waar sy haar PhD onder prof. Konrad Lorenz behaal.

Daarna het sy klasgegee aan die universiteite van Marburg, Bayreuth, Bonn en die Universiteit van Pretoria en praat vlot Duits.

 Sy is die skrywer van die gewilde boek “Mongoose Watch” (in Duits “Die Perfekte Familie”) wat in vier tale vertaal is. Vir meer lees ons  20 November 2020 uitgawe

Verdagte gekoppel aan moord in hegtenis

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad en lede van Upington speurdiens het ‘n man in die informele nedersetting by Louisvaleweg vir die moord op Judith Redelinghuys op Woensdag 04 November 2020 in hegtenis geneem.

Op 30 Junie 2020 word Judith Redelinghuys vermoor gevind en met haar hande agter haar rug in haar swembad gegooi.  To read more, read our 13 Nov 2020  issue

Ietermagog in Kuruman huis gekry

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN: Die Kuruman-veediefstal, JTG-snelwegpatrollie en Kathu SAPS het die afgelope naweek op ‘n bedreigde ietermagog beslag geneem.

Op Sondagaand 8 November 2020 omstreeks 21:05 het ‘n span bestaande uit lede van die Kuruman-veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid, die JTG-hoofwegpatrollie en Kathu-misdaadvoorkomingseenheid inligting ontvang van ‘n bedreigde spesie, ‘n ietermagog wat is na bewering in ‘n ou karavaanpark in Dingleton in die JTG-gebied aangehou word. To read more, read our 13 Nov 2020  issue

Drie moorde word ondersoek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse polisie ondersoek drie sake van moord na afsonderlike voorvalle in verskillende dorpe in die provinsie die afgelope week.

‘n 60-Jarige man is Vrydag in Rietfontein vermoor.

 Na bewering is hy tydens ‘n rusie deur ‘n 28-jarige verdagte doodgesteek.

Hy is op die toneel dood verklaar.

In ‘n ander voorval, ook Vrydag, is ‘n 67-jarige man in Kanoneiland in hegtenis geneem omdat hy na bewering sy broer doodgesteek het.

Die twee broers was glo in ‘n rusie gewikkel wat daartoe gelei het dat die verdagte na bewering sy 53-jarige broer doodgesteek het.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem nadat die slagoffer dood verklaar is.

In die derde voorval is ‘n 30-jarige man in Deben in hegtenis geneem weens die moord op ‘n 40-jarige vrou.  Vir meer lees ons 06 November  2020 uitgawe

Moord by taxi-rank: Geen borg vir Lenyidi

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Adrian Lenyidi (23) is verlede week borgtog in die landdroshof in Upington geweier.

Lenyidi het verskyn op aanklag van moord vir die dood van Paulo Murphy, wat op 12 Oktober 2020 met steekwonde by die Upington Taxi Plaza gevind is.

  Die 25-jarige man is in die dr Harry Surtie-hospitaal dood, nadat hy met steekwonde aan sy kop en bolyf by die Upington Taxi Rank gevind is. Vir meer lees ons 06 November  2020 uitgawe