GEMSBOK-UPINGTON: Die verval van munisipale eiendomme en fasiliteite in Upington lê inwoners baie na aan die hart. Hulle voel hulle reg tot toegang tot die rivier, veilige en skoon ontspanningsgeriewe en selfs toegang tot sportsfasiliteite word ontneem en is glad nie op Dawid Kruiper Munisipaliteit se prioriteitslys nie.
Op bykans elke toerisme gedrewe webblad word Upington, die Rivierstad, as ‘n ‘n wonderlike oase omring met vrugbare en welige Oranjeriviervallei wat daardeur loop, beskryf.
Maar nie alle inwoners trek voordeel uit hierdie lowergroen veilige trekpleisters nie, want munisipale oorde en ontspanningsgeriewe blyk slegs lugkastele in die hoë somertemperature van die streek te wees.
Die Gordonia-oord “Bloudakkies”, Unievelde, Rosepark, Reitzpark, Olivier Park (Sakkie se Arkie), Spitskop en selfs die Eiland het dekades lank ‘n lafenis aan inwoners van DKM gebied, maar in die laaste twee dekades het hierdie prentjie drasties verander.
Spitskop, ‘n natuurreservaat is blykbaar ‘n paar jaar in der haas deur middel van ‘n privaat transaksie verkoop, na wat beweer word - die munisipaliteit ‘n skielike kontantvloei probleem gehad het.
Die verligting was van korte duur en tenders het vir verskeie van die ander ontspanninggeriewe uitgegaan en is weer terug getrek.
Vir jare lank verval hierdie publieke ontspaningsgeriewe onder die bestuur van die DKM. Slegs die geriewe wat onderverhuur is aan privaat entrepreneurs, het staande gebly, maar dit beteken dat Jan Publiek nie vrye toegang tot hierdie fasiliteite het nie. Vir meer lees ons 23 Oktober 2020 uitgawe