GEMSBOK-UPINGTON: Ingeligtes het die afgelope week hul kommer uitgespreek nadat hulle beweer dat daar tans slegs twee operasionele, staatsbestuurde intensiewe sorgeenhede in die hele provinsie is.
Intussen is ‘n dringende beroep op die provinsiale departement van gesondheid, om hard te werk om die operasionalisering van addisionele intensiewe sorgeenhede (ICU) regoor die provinsie te prioritiseer, gedoen.
Dit kom nadat Maruping Lekwene, LUR van Gesondheid, tydens ‘n virtuele vergadering van die portefeuljekomitee vir gesondheid, aan die lig gebring het dat daar tans slegs twee operasionele, staatsbeheerde intensiewe sorgeenhede in die hele provinsie is, waarvan een in die Robert Mangaliso Sobukwe (RMS) -hospitaal in Kimberley en die ander in die Dr Harry Surtie-hospitaal in Upington is. Die DHS fasiliteit word volgens ingeligtes op sigself as ‘n twyfelagtige ICU-fasiliteit, gegewe ‘n gebrek aan personeelvermoë, beskou. Vir meer lees ons 28 Augustus 2020 uitgawe