GEMSBOK-RIEMVASMAAK: Lede van die Riemvasmaak-gemeenskap het die afgelope week in opstand gekom en gesê “genoeg is genoeg” en dat hulle “siek en sat is vir die arrogansie en magsmisbruik”. Met gebruik van ‘n oproerige betoging het lede van hierdie gemeenskap aangedring dat die raadslid van Wyk 10 in die Kai !Garib Sub-streek onmiddellik verwyder moet word”.
“Ons het besluit om ‘n volle staking te begin en die verrigtinge by die polisiestasieprojek hier op Riemvasmaak vanaf 6 Augustus 2020 totdat die raadslid verwyder is en die BEC ontbind word, te stop” het een van die gemeenskapslede aan die Gemsbok verduidelik.
Die gemeenskapslede meen dat geen oplossing nog vir die brandende probleme wat al die jare heers in hierdie wyk, gevind is nie.
“Ons klagtes oor al die jare het gehandel oor hekwagte, BGM-bedrog, nepotisme, selfverryking, geen behoorlike dienslewering en arrogansie. Maar tot dusver is daar nooit aan ons klagtes aandag gegee nie” meen die gemeenskap.
Daar word beweer dat die betrokke raadslid betrokke geraak het by die uitdeel van kospakkies dit slegs aan ‘n sekere groep familie, vriende en sy volgelinge gegee het. Daar word ook beweer dat die raadslid ander insluitingsregulasies onder vlak vier van die inperking oortree het om byvoorbeeld politieke vergaderings te hou en by te woon. Vir meer lees ons 14 Augustus 2020 uitgawe