Jongste Nuus

Kontroversie vloei uit haar pen

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Reënboog-melodie van Anzil Kulsen, bekende Upingtonse skrywer en kampvegter vir literatuur, het onlangs die lig gesien.

Anzil het aanvanklik bekendheid verwerf vir haar jeugromans en kinderboeke, met haar debuut roman, Zita, wat meer as 20 000 kopieë verkoop het.

Sy het die afgelope paar jaar ook ‘n paar spronge gemaak van jeugromans na kinderboeke soos die Karatekas- en Bitterbosbende-reekse tot meer kontroversiële onderwerpe soos mensehandel in haar boek, Skarlaken Kinders, wat sy saam met Nadine Blom geskryf het.  To read more, read ourl 31 July 2020  issue.

Prieska vleuel na Sharks Akademie

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PRIESKA: Die Prieska gemeenskap is behoorlik aan die gons oor Lincoln Casper, vleuel van Hoërskool Prieska wat Sharks Akademie toe gaan. Hy het ook onlangs met die skoletydskrif ,AWSUM ‘n onderhoud gedoen hieroor. “Dit is vir my `n eer om te weet dat daar mense is wat my potensiaal raaksien en dan dat hulle bereid is om my erkenning te gee. Om in Prieska te woon en raakgesien te word deur groot rugby unies is `n voorreg. Ek is werklik bly dat hulle my harde werk raaksien,” het Lincoln in sy onderhoud gesê. Hy sê verder dat dit baie sleg is dat hy nie rugby kan speel hierdie jaar nie, veral omdat dit sy laaste skooljaar is. To read more, read our 31 July 2020  issue.

Bejaarde op Namakwalandse plaas aangeval

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KOMAGGAS: ‘n Boer (77) is verlede Vrydagaand deur vyf verdagtes aangeval op sy plaas in Buffelsfontein naby Komaggas in die Namakwa-distrik.

Na meer as ‘n week kon die SAPD nog nie daarin slaag om die verdagtes met betrekking tot hierdie aanval vastrek nie.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê hoewel die inligting nog steeds beperk was, is dit bekend dat die man deur die aanvallers oorval is toe hy sy deur oopmaak nadat sy krag afgesny is.

  Die verdagtes het die boer met ‘n vuurwapen gedreig en hy het glo beserings aan sy kop en gesig opgedoen. “Die polisie kon tot dusver nog nie vasstel of die verdagtes iets gesteel het nie,” het kapt. Kock gesê.

Die boer is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem om sy beserings te behandel.  Vir meer lees ons  24 Julie 2020 uitgawe

Twee met R1,4 miljoen se dagga gevang

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-GARIES: Twee mans, 45 en 46 jaar oud, is gearresteer nadat dagga wat 97,6 kilogram geweeg het, met ‘n straatwaarde van R1,4 miljoen in hul besit gevind is.

Polisiewoordvoerder, brigadier Mohale Ramatseba, sê die verdagtes is op 18 Julie 2020 tydens ‘n padversperring naby Garies in die Namakwa-distrik in hegtenis geneem.

“Die twee het na bewering voedselvoorrade en ander items vervoer vir ‘n bekende supermark van Kaapstad na Springbok.

Die vragmotor is deursoek en die dagga is ontdek. Vir meer lees ons 24 Julie 2020 uitgawe

Seuns ontdek vrou se lyk in veld

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN:’n Paar seuns wat na donkies in die veld op soek was, het die afgelope naweek  op ‘n gru-vonds afgekom, toe hulle die lyk van ‘n moontlik verkrag en vermoorde vrou ontdek het.

Die Bothitong polisie, naby Kuruman, het ‘n beroep op die publiek gedoen om te help met die identifisering van ‘n liggaam wat op Saterdag 18 Julie 2020 in die veld tussen Gamakgatle en Dithakong gevind is.

Na bewering is die slagoffer tussen die ouderdom van 30-35 ook verkrag. Polisiewoordvoerder, kolonel Mashay Gamieldien het gesê die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting en moord.

Vir meer lees ons 24 Julie 2020 uitgawe

Agt wat department inloop, vas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie het verlede week agt mense tussen 29 en 64 jaar oud in die Noord-Kaap gearresteer weens beweerde bedrog, korrupsie en geldwassery.

Die aanklagte hou verband met onreëlmatige kontrakte met die Noord-Kaapse departement van gesondheid, wat ongeveer ‘n half miljard rand beloop. To read more, read our 17 July 2020  issue.

Man met dagga betrap

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK_UPINGTON: ‘n 33-jarige man is op Saterdag, 11 Julie 2020, in die Upingtonse sakesentrum in hegtenis geneem met  R227 340 se dagga in sy besit.

Die K-9-lid, sers. Horace Burden, was op patrollie toe hy ‘n verdagte man opgemerk het wat met bagasie in die straat rondwandel. To read more, read our 17 July 2020 issue..

 

Moord van sakevrou ruk dorp

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die sinnelose moord van   ‘n bejaarde vrou, Judith Redelinghuys, het skokgolwe deur die Upingtonse gemeenskap gestuur nadat haar liggaam verlede Dinsdag in haar swembad gevind is.

Die 71-jarige vrou se hande is agter haar rug vasgebind.

Polisiewoordvoerder, konstabel Vanessa van der Westhuisen, sê die skokkende ontdekking is gemaak deur die oorledene se dogter, wat na haar ma gaan soek het na  pogings om haar op die foon aan te kry, onsuksesvol was.

“Die dogter het die polisie onmiddellik in kennis gestel nadat sy haar lyk in die swembad ontdek het,” het Van der Westhuizen gesê.  Vir meer lees ons 10 Julie 2020 uitgawe

Brand verwoes sakeperseel

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Maandagmiddag, 6 Julie 2020, omstreeks 15:00, het ‘n verwoestende brand in ‘n sakesentrum in die Upingtonse besigheidsgebied uitgebreek.

Die Dawid Kruiper Munisipale brandweer was binne oomblike op die toneel, maar het hulle hande vol gehad om die brand onder beheer te bring.

Die lughawe se brandweer is later ontbied en die twee spanne het tot laat geswoeg om die brand te blus.

Omstanders meen die DKM Munisipaliteit het gesukkel om water te kry om die vuur te blus. Vir meer lees ons 10 Julie 2020 uitgawe

Hoop vir Arkie na oorwinning in hof

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Na bykans vyf jaar blyk die toekoms van Sakkie se arkie nie meer so duister te wees nie.

Die Dawid Kruiper-Munisipaliteit is beveel om al Sakkie se Arkie se regskoste te betaal en die tenderproses en alle vorige hofbevele is tersyde gestel. 

Sakkie se Arkie is al sedert 1997 sinoniem met Upington en net soos die Donkie Monument, Kameel en Ruiter standbeeld, Oranjerivier ens deel van die toerisme identiteit van die dorp en selfs die distrik.

Op 3 Desember 2015 het die munisipaliteit besluit om die eiendom te vervreem teen ‘n markverwante prys, aangesien ‘dit nie meer nodig was vir basiese munisipale dienslewering nie’.

 ‘n Openbare uitnodiging tot tender, wat vergesel moes word van ‘n ontwikkelingsvoorstel vir die eiendom;, is uitegereik en die munisipaliteit het twee tenders vir die eiendom ontvang. Vir meer lees ons 10 Julie 2020 uitgawe