GEMSBOK-UPINGTON: 12,606 Graad 12 en 24,995 Graad 7 leerders van regoor die provinsie het Maandag vir die eerste keer sedert 26 Maart 2020 terug gekeer na hul onderskeie skole.
Drie spesiale skole, Kleinzee, Elizabeth Conradie en Retlameleng, het ook gedurende die eerste fase geopen. En die Nasionale Voedingskema in die verskillende skole het ook hervat.
Ouers van leerlinge met komorbiditeite by die geïdentifiseerde spesiale skole is aangeraai om hul kinders tuis te hou totdat die departement die besprekings wat aan die gang is, afgehandel het vir die ondersteuning van hierdie leerlinge.
Die LUR het verder verklaar dat ‘n standaardhandleiding vir prosedures (SOP) vir skole ontwikkel is om leiding te gee oor die voorko-ming van die verspreiding van Covid-19.
So gaan die heropening van die skole benader word:
‘n Herstelplan is ontwikkel vir beide GET (Gr 1-9) en FET (Gr 10-12) volgens die ingefaseerde benadering. Vir meer lees ons 12 Junie 2020 uitgawe