Gemsbok se eerste Bruidskompetisie | Wen R5 000 kontant

Posted in Kompetisies

GEMSBOK-UPINGTON: Alle “nuwe” bruide in ons omgewing kan nou inskryf vir ons eerste bruidskompetisie.

Die Gemsbok, gaan saam met ons susterkoerante, ons eie bruidskompetisie aanbied met ‘n fantastiese kontantprys van R5 000.

Alle dames wat verlede jaar getroud is kan inskryf. Bruide kan inskryf onder hul maand waarin hul getroud is. Die inskrywingsfooi beloop R50 per bruid. Die inskrywings sluit om 28 Maart waarna daar gestem kan word vir die finaliste.

Daar sal 12 finaliste wees, een bruid vir elke maand van die jaar. Daarna sal ons lesers weer kan stem vir hul Bruid van die Jaar. Die presiese datum van die finale stemme sal later bekend gemaak word.

Alle bruide sal op drie maniere kan inskryf, naamlik, inskrywingsvorms in die Gemsbok, op ons Facebook-blad (Gemsbok) of aanlyn (www.northwestnewpapers, kies Gemsbok).

Hierdie fotokompetisie word slegs op die foto’s gekies. Geen beoordelaars word gebruik nie en stemme word kry vanaf  via webblad, Facebook-blad, gedrukte stembrief)

Die wenbruid sal tydens die Upington Expo aangekondig word.

Alle bruide van 2015 word uitgenooi om aan hierdie opwindende kompetisie deel te neem. Stuur jou mooiste troufoto en wen R5 000 kontant!

 

* Reëls & Regulasies: (volle weergawe op webblad - www.gemsbok.co.za)

* Troudatum moet tussen 1 Januarie 2015 - 31 Desember 2015 wees.

* Deelnemers MOET binne die verspreidingsgebied van die Gemsbok woonagtig wees of werk.

* Die inskrywingsfooi per inskrywing beloop R50 en is nie terugbetaalbaar nie.

* Met inskrywing, aanvaar elke deelnemer die volgende:

- verstaan die reëls en kom ooreen met die terme en voorwaardes soos daargestel deur die organiseerders.

- verleen toestemming vir die gebruik en publikasie van hul foto’s.

- verleen toestemming dat Gemsbok die reg behou om enige deelnemer te diskwalifiseer indien nodig.

- verleen toestemming dat Gemsbok die reg behou om die reëls van die kompetisie te wysig indien nodig.

- aanvaar die finale resultate van die stemme (via webblad, Facebook-blad, gedrukte stembrief) en die finale besluit.

- kom ooreen om teen alle redelike tye beskikbaar vir die Gemsbok te wees.

 

UA-34916296-1