• E Car Headlights R3 Mobile 04
  • E Car Headlights R3 Mobile 05
  • E Car Headlights R3 Mobile 06

Marikana VLU “plant SA groen”

Posted in VLU news

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Tydens hul laaste vergadering het Marikana VLU-tak elkeen ‘n plant uitgeruil vir Kersgeskenke.

 Die tema van die jaar is “Plant SA groen” en so is die plante geruil sodat elkeen ‘n plant in die grond kan kry vir hierdie doel om ons land groen te kry! Die voorsitter, Istella van Rhyn, is ook geluk gewens met haar verjaarsdag en die verkiesing van die nuwe Bestuur is ook verkies. Die dames sien ook baie uit na die nuwe jaar se doen en late wat voorlê. Die Tak vergader een keer per maand op die hoek van Kerk- en Uniestrate in die oggende om 09:00. Dames is baie welkom om te kom aansluit en hulle kennis te verbreed en nuwe vriendinne te maak. Skakel Pam by 082 452 2133 vir navrae.

Lees meer in ons 30 November 2018 weergawe.