My Healthy living

Written by Zandre. Posted in Clubs

My Healthy living is `n program/klub waarby mense aansluit en deur `n geregisteerde dieetkundige gehelp word om massa te verloor en gesonde lewenstyl veranderinge te maak.

Klublede kom elke Donderdag om 9:00 of 17:00 bymekaar by die NG Protea Park se konferensie lokaal.  Daar word weekliks geweeg en maandeliks gemeet om vordering te bepaal.  Elke sessie gaan ook met `n praatjie gepaard wat relevant is tot massaverlies bv. kilojoules, hoe om voedseletikette te verstaan, emosionele eet, ens. 

Lede kry ook weekliks `n stemboodskap van die praatjie asook `n nuusbrief wat ideaal is vir  mense wat ver bly of wat nie die praatjies kan bywoon nie of nog versigtig is om weens Covid uit te gaan. 

Die program fokus op die volgende:

  1.  Gesonde etes en elke lid kry `n maaltydplan wat hy/sy self elektronies kan wysig volgens smaak.   Grafieke vir motivering wat massaverlies monitor en resepte op die webtuiste is ook deel van die program.
  2.  `n Vorm van genotvolle oefening van die persoon se keuse wat hy/sy op sy eie tyd tuis of elders kan doen
  3. `n Gesonde denkwyse rondom kos – m.a.w. `n goeie verhouding met kos.

Registrasie is R500 wat toegang tot die webblad en maaltydplan, inkopielyste en resepte en inligting insluit.  Die maandfooie is R300 vir klublede wat kom weeg en R200 vir “virtuele” lede wat gebruik maak van stemboodskappe en nuusbriewe en hulself weeg en vordering opdateer.

 

Kontakbesonderhede:

Antonette Grant (RD) 082 3762128 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / www.myhealthyliving.co.za