Matric Farewell photo competition 2015 winner

Posted in Matric farewell

Dié foto van Shané Venter - matriekleerling van die Hoërskool Rustenburg - het haar die titel as wenner van Rustenburg Herald se 2015 matriekafskeidkompetisie en ‘n kontantprys van R1000 besorg. Boonop het die Hoërskool Rustenburg waar Shané vanjaar haar heel laaste jaar op die skoolbanke deurgebring het, ook ‘n kontantprys van R1000 losgeslaan! Shané is die dogter van Sandy en Lynn Venter en Jandré Joubert was haar metgesel na dié spoggerige geleentheid. Soos duisende matriekleerlinge regoor die land is Shané tans met vakansie na ‘n uitdagende matriekeindeksamen. Baie geluk Shané