And the winner is...

Posted in Miss Rustenburg Herald 2015

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Jannicke van Staden - ‘n drie-en-twintigjare skoonheid van Rustenburg is Maandag as ons Mej Rustenburg Herald 2015 aangewys. Jannicke - ‘n oudleerling van Bergsig Akademie en ‘n deeltydse model wat tans skoonheid studeer, het die vyfde skoonheid geword om die Mej Rustenburg Herald-kroon te dra nadat die kompetisie sedert 2011 ‘n nuwe bedeling betree het.

Rustenburg Herald was sedert die middeltagtigerjare die aanbieder van die jaarlikse Mej Rustenburg Skou-kompetisie. maar ween ongunstige verwikkelinge by die Rustenburg Skou, het die kompetisie ‘n nuwe bedeling betree. Jannicke, wat by ‘n vorige geleentheid ‘n finalis in die kompetisie was, volg in die voetspore van Toané Swart (2011), Christelle Cordier (2012), Zelmarie Pienaar (2013) en Renay Beukes (2014) wat pas haar kroon aan Jannicke afgestaan het.