Letter of the week: Dié kleingoed het hulp bitter nodig

Posted in News bulletin

Geagte redakteur
Twee klein dogtertjies van Rustenburg het die hulp en ondersteuning van die stad se mense baie nodig.
Rustenburg Herald se lesers het al kennis gemaak met klein Nicolette du Toit, die kleinding wat ernstige gesigbeserings opgedoen het toe sy deur ‘n hond gebyt is.

Haar ouers probeer regtig hul bes, maar die mediese kostes is ver bo hul vuurmaakplek. Hulle het nou geregistreer op die webwerf BackaBuddy in ‘n poging om vir hul dogtertjie die nodige behandeling te kan kry. Besoek asseblief https://www.backabuddy.co.za/nicolette en help dié gesinnetjie. Die tweede geval is ‘n dogtertjie wat maar nog net enkele weke oud is. Baba Chanté-Amoré Koekemoer. Dié dogtertjie is met ‘n ernstige gesigdefek gebore en die familie het hulp dringend nodig vir mediese kostes. Mense wat kan help, kan ‘n donasie direk in die hospitaal se rekening inbetaal by: Netcare Ferncrest Hospital, Nedbank, rek 1607 060 760, swift code NED SZAJJ en Baba Koekemoer as verwysing. Om mense te bedank vir hul donasies vir Chanté-Amoré, is daar ook ‘n gelukstrekking gereël waar donateurs die kans sal staan om bederf-pryse te wen. Om in aanmerking vir die gelukstrekking te kom, stuur jou inbetalingsbewys saam met jou naam en van per whatsapp na 083 263 5429, per sms na 082 851 7828 of stuur dit per e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Inbetalings wat tot en met 31 Julie 2019 gemaak word, sal in aanmerking vir die gelukstrekking kom.
Kom Rustenburg, kom ons help hierdie klein mensies.
Ook ‘n ma, Rustenburg, per e-pos.