“Very Lekker Catering” se kraakbros skaapkaiings

Written by Liesl. Posted in *Traditional/Ethnic/Cultural Recipes

In hierdie laaste van drie aflewerings oor die kook- en geniet-kuiertjie in die lekker knus plaaskombuis van Corlia Vosloo, wys Corlia vandag vir ons hoe sy die lekkerste-lekker, bros en krakerige skaapkaiings maak.
Ja ons weet, kaiings is tradisioneel klein happies brosgebraaide varkvleis, maar enigiemand sal saamstem dat hierdie skaapkaiings net so heerlik, indien nie beter is – veral omdat dit ‘n ietsie is wat so ‘n klein bietjie meer (om die uitdrukking hier so toepaslik as moontlik te gebruik) “vleis aan die been het…” Corlia het ons bederf met sommer ‘n groot bak vol van dié skaapkaiings en ons het haar “welkom-matjie” by die voordeur omtrent tot stof getrap voordat ons ons ry gekry het. Daar is geen twyfel dat Corlia ‘n meester in die kombuis is nie en hierdie is een van haar gunstelinge. 
Nouja, probeer gerus die koninklike happie al is dit maar beskeie skaap – kan jy jou indink hoe vet- en oliebedrup prins Charles se bloedrooi Pommiebaadjie sou wees as hy die voorreg kon hê om aan so heerlike “skaaptjoppie” weg te val?

Heerlik saam met pap en sous, ‘n egte smulhappie net so koud uit die yskas! En jy het nie eers ‘n formele resep nodig nie.

Maak eenvoudig so:

Stel die oond op 180°. Sny skaaprib of/en lieslap in smal stukkies. Hoe meer vet aan die rib of skaaplies is, hoe beter!
(Spoel altyd alle vleis eers af in asynwater – gebruik ‘n skottel water met ‘n skeutjie bruin asyn by. Plaas vleis in vergiettes vir oortollige asynwater om af te drup.) Plaas repies vleis in oondpan.
Sprinkel suurlemoensap oor. Draai growwe sout en swart peper liggies oor. Nie te veel nie. Sprinkel Robertsons se Steak en Chops speserye oor.
Nou vir die ‘geheim’ : sprinkel kwistig Robertsons se “Portuguese Chicken” oor, veral oor die vet- gedeeltes. Plaas in die oond sonder bedekking. Sodra daar heelwat vet uitgebraai het, gooi die vet af en plaas terug in die oond.
Wanneer lekker bruin gebraai, gooi weer die olie af en draai elke stukkie vleis om. Herhaal speserye soos bo en plaas terug in die oond.
Gooi weer vet af...

Proe of daar nog sout of Portuguese Chicken-speserye kort en voeg by indien nodig.
Onthou - moenie dat die kaiings brand nie, dit moet net lekker bros gebraai wees.
Die ander belangrike geheim van hierdie resep is om gedurig die olie af te gooi anders gaan jou skaapkaiings nie lekker bros braai nie.

Laat effens afkoel en geniet of bêre in yskas tot later en geniet warm of koud!

Rol uit die jolyt

Written by Liesl. Posted in *Traditional/Ethnic/Cultural Recipes

In hierdie tweede aflewering van ons mini-reeks kosmaakartikels saam met Corlia Vosloo, is ons nou al lekker ingeburger in die knus plaaskombuis van Corlia se “Very Lekker Catering” Corlia is ‘n ou hand in die spysenieringsbedryf en het nie veel bekendstelling nodig nie – as jy of jou gereelde gaste egter nog nie met Corlia kennis gemaak het nie, moet jy nie langer uitstel nie – daar is sekerlik ‘n spesiale okkasie in jou binnekring wat verdien om gevier te word? 

As ‘n afskop vir vandag se bederf gesels Corlia soos volg: Só gebeur dit toe dat Corlia grootgeword het met ‘n ma wat nie gehou het van kosmaak nie. As getroude vrou, moes sy (Corlia) dus net lekker (maar gewone) boerekos maak, want soos wat met die meeste Afrikanermans eet hulle mos net rys, vleis, aartappels en pampoen
Dit was eers op haar “oudag” dat sy kon begin eksperimenteer met die lekkerste geheime van die kosmaakkuns waarvoor sy nog maar altyd ‘n liefde gekoester het. Vandag maak Corlia vir ons ‘n heerlike eier-roulade – ons hoop jy het jou skêr en plakboek byderhand?

Bestanddele:
100 ml Stork bak-margarien
125 ml koekmeel
500 ml melk
4 ekstra groot eiers

Metode:

Voorverhit die oond op 180°. Voer ‘n bakplaat (35 x 25cm) uit met bakpapier (nie waspapier nie). Smelt die margarien in ‘n kastrol en klits die koekmeel met draadklitser tot goed gemeng. Klits met draadklitser ook die melk by en roer oor matige hitte totdat die sous verdik. Geur met sout en peper.
Skei die eiers. (Daar mag nie eens ‘n geel spikkel by die wit van die eiers kom nie, anders klits die eierwit nie tot dik nie. Skei elke eierwit eers apart om seker te maak daar kom nie geel by nie). Klits die eierwitte tot styf. Klits met draadklitser eers die eiergele by die witsous. Vou die eierwitte met ‘n metaallepel by die eier-witsousmengsel in.

Skep die beslag op die oondpan met die bakpapier. Maak gelyk en bak vir 25 minute tot ligbruin en gaar. Maak ‘n vadoek nat-klam en sprei uit op tafelblad. Keer die warm roulade daarop om, sodat die oondpan aan die bokant is. Verwyder pan en bakpapier.

Strooi gerasperde kaas oor of ‘n vulsel van maalvleis, tuna, groente of enigiets! Rol die roulade op deur elke keer te lig met die nat/klam vadoek. Plaas op opdienbord. Garneer met nog ‘n lagie witsous met gerasperde kaas en/of kruie.
Goeie raad: Bak twee op ‘n slag en vries een. Dit vries baie goed!

Vir enige navrae of dalk bestelling/bespreking vir ‘n spesiale geleentheid, skakel Corlia by Very Lekker Catering by 072 718 9329.

Lekker happies en sappies vir kieskeurige eters

Written by Liesl. Posted in *Traditional/Ethnic/Cultural Recipes

Rustenburg Herald se kookspannetjie kuier vandeesweek vir die tweede keer in die kombuis van Lania Benecke in die pragtige Buffelspoortvallei vir die tweede aflewering van ons reeks van voedingryke, gesonde kos en happies vir kieskeurige eters. Soos ons verlede week verduidelik het is kieskeurige eters ‘n groot uitdaging vir enige ma of vrou en dit verg oorspronklikheid, verbeelding en deursettingsvermoë om seker te maak dat die gesin se etenstye saans of smiddae ‘n ondervinding is waarna almal aan tafel kan uitsien.
‘n Mens wonder hoeveel ouers vandag besef dat kieskeurige eters deesdae (eintlik lankal) ‘n erkende “uitdaging” is (ons wil dit nie graag ‘n “toestand” noem nie) waarvoor baie kinders in die ou dae waarskynlik honger kamer toe gestuur is en dalk boonop ‘n drag slae op die lyf geloop het. Lania is na jare goed vertroud met die voor- en afkeure van kieskeurige eters en kan mammas wat sukkel help met die identifisering van jou kind se smake en wat jy kan doen om hulle gelukkig en behoorlik gevoed te hou. Mammas is baie welkom om Lania by 066 367 0153 te skakel vir advies van iemand wat weet en verstaan.
Nou ja, vandeesweek maak Lania vir ons ‘n “doodgewone” piesangbroodjie maar met zucchini en appel as ekstra en voedingryke bestanddele daarby wat heerlik en voedsaam is. Dit is eintlik baie eenvoudig. Dan het sy ook waardevolle idees met vrugte-ysies, roomys en alles wat lekker klink.

Piesangbrood met zucchini en appel

Bestanddele:
125g botter of margarien
375ml suiker
3 eiers
5ml vanieljegeursel
250ml fyngedrukte piesang
500ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
1,5ml sout
25ml melk
200g gestoomde zucchini (geskil)
200g gestoomde appel (geskil)

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die botter of margarien en suiker saam. Voeg die eiers een vir een by. Voeg die geursel by. Voeg nou die piesangmoes, appel en zucchini (murgpampoentjie) by. Sif die droë bestanddele saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die piesangmengsel.
Skil appel en zucchini indien jou kind baie prikkelbaar is vir tekstuur. Stoom dit tot net-net gaar. Verpulp die gestoomde zucchini en appel (of enige ander bleek groente of vrugte) saam met die piesang en voeg by die beslag soos in jou resep aangedui. Jy kan ‘n klompie klein broodjies of ‘n enkele heelbroodjie maak – “my kinders geniet individuele broodjies net so baie soos ‘n enkele groot brood”.
Skep al die bestanddele in ‘n gesmeerde broodpan en bak 1 uur lank tot gaar.

Vrugte-ysies

Hiervoor gebruik jy enige vrugte wat in seisoen is. Wat belangrik is, is om die kleur en geur van die oorspronklike vrugte te behou. Kieskeurige etertjies raak angstig as iets vir hulle deurmekaar lyk of ruik of as die tekstuur anders is as wat hulle verwag. Jy benodig ook tuis-roomyshouertjies/vormpies, ysbakkies en ‘n voedselverwerker.

Bestanddele:

Veselperske (mango)
Mangosap - probeer vars uitgedrukte sap gebruik met so min as moontlik preserveermiddels of ekstra suiker.

Metode:

Verpulp vars vrugte met sap. 50/50 is gewoonlik veilig. Dit sal hard genoeg set en nie bros wees nie maar ook tekstuurgewys vir die kieskeurige etertjie meer in die kol wees.Giet in ysiehouertjies en ysbakkies en vries. Bied yslollies aan op ‘n warm dag of nadat kinders lekker moeg en dors gespeel is. Dit is ook handig as ‘n nagereg.
Ysies uit ysblokkies kan weer saam met nog ‘n bietjie sap verpulp word tot ‘n “smoothy”. As jy desperaat raak, kan jy vanilla roomys 50/50 met sagtevrugte verpulp en weer vries in die roomys-ysiehouertjies.
Veral vrugte met ‘n sterker smaak soos papaja werk goed. Dit is dan sommer ‘n nagereg met ‘n goeie porsie vrugte en heerlik.

Heerlike (en voedingryke) muffins vir kieskeurige eters

Written by Liesl. Posted in *Traditional/Ethnic/Cultural Recipes

Lania Benecke is ‘n vrou wie se hande vir niks in die kombuis verkeerd staan nie. Sy is daarby geseënd met ‘n kieskeurige eter (picky eater) en sy moet voortdurend sommer heelwat verbeelding en ondervinding inspan om seker te maak dat haar spruit se etenstafel-uitdrukking nie in ‘n afkeurige frons ontaard nie. Dit doen sy na ‘n klompie jaar al met onderskeiding en sy is teen hierdie tyd baie gemaklik met die aanpas, skommel en kombinasie van verskillende resepte, bestanddele en idees om die gesin se etenstye ‘n aangename ondervinding te maak. Lania is al deeglik geskool in die voor- en afkeure van ‘n kieskeurige eter en het baie raad vir mammas wat sukkel om almal aan tafel gelukkig te hou. Dit is vir mammas meestal ‘n uitdaging om ‘n kieskeurige eter deurlopend behoorlik gevoed maar ook tevrede te hou. Ons wonder hoeveel mammas weet dat “picky eaters” ‘n amptelik erkende uitdaging is? Baie mammas weet waarskynlik nie eers dat klein Jannie ‘n kieskeurige eter is nie en daarom is etenstye dikwels ‘n nagmerrie. Maar dit hoef glad nie só te wees nie – lees gerus hier wat Lania doen om hierdie slaggate te vermy – sy demonstreer hier vir ons twee van haar gunsteling-muffinweergawes…

Jong ma’s is meestal besig met dikwels heeltemal te veel hooi op die vurk. Maak dit só maklik, smaaklik en voedsaam.

# Koop enige donkersjokolade muffin “premix” of “readymix” soos in hierdie geval. Voeg die volgende bestanddele by:
# 120 g broccoli (die boompies se bokante werk beter aangesien die stingels taamlik hard en geneig is om die voedselverwerker te laat stol). Dus – 10 g broccoli vir elke muffin.
# 12 ml of 2 teelepels Spirulinapoeier. Dus 1 ml poeier per muffin.

Metode:

Gebruik ‘n voedselverwerker om die broccoli lekker fyn te maak. Jy kan ‘n bietjie water byvoeg om die proses makliker te maak. Voeg dan die Sprirulinapoeier by. Voeg nou die pakkie sjokoladiebeslag by en meng goed in die voedselverwerker. Giet uit in muffinpannetjies en bak soos op die pakkie “readymix” se aanwysings.
Bran muffins met aarbeie, kokosneut en pekanneute.
Lania geniet enige Bran-“premix” en gebruik gereeld Golden Cloud se produkte. Om ‘n vorm van bessies en die heilsaamheid van neute en kokosneut in my kind se beperkte voorkeurdieet te inkorporeer, werk ‘n Bran-muffin uitstekend.

Bestanddele:

1 pakkie Bran muffin “mix”
12 groot aarbeie (1 per muffin)
12 plus pekanneute (1 tot 2 per muffin)
80 ml (1/4 koppie) kokosneut
Eier, melk en olie soos op pakkie aangedui.

Metode:

Plaas aarbeie, kokosneut en neute alles saam in ‘n voedselverwerker en klop tot fyn. Maak muffinbeslag aan soos op pakkie aangedui. Roer die ekstra bestanddele daarby. Giet in muffinannetjies en bak soos aangedui.

Don’t worry if you cannot resist this dish, it is nacho fault!

Written by Liesl. Posted in *Traditional/Ethnic/Cultural Recipes

The combination of tortilla chips, salsa and guacamole is just simply one of the best share-food you can imagine. This week we are enjoying the company of Khumo Dolo, Juan Palm and Kelvin Steyn. For their day jobs they are part of the management team of the Rustenburg Mall, but when they want to ‘kuier’, they get into the kitchen and they make nachos. The three also enlisted the help of Custy Mabusa – who made sure that they are people with a taste for life! The absolute beauty of nachos is that it is rather easy and quick to make, but it is big on flavor and taste. Khumo, Juan and Kelvin each made their own version of basic nachos, adding chicken or beef, or a little more or less spiciness. You can make individual plates, or you can make it in a baking dish – the choice is yours. And, you really don’t even need to measure anything – this is the one dish where you can through the rules out the window.
Ingredients:
Heaps of good quality Tortilla chips
Loads of grated Cheese (Tip: mix Cheddar, Gouda and Mozzarella. You can add your favourite cheese, too)
Tomato salsa – plain or spicy, the choice is yours
Generous amounts of Guacamole
Sour cream

You can add either:

Cooked Ground beef, Beef strips, Chicken strips
Spicy Jalapeño-finely chopped tomato mixture
Refried black beans (also a nice option)


Method:

Start with your tortilla chips – the thicker type is better – and place it at the bottom.
Add some of your copious amounts of cheese and a bit of the Jalapeño mixture – if you want spicy nachos.
Add a bit of your tomato salsa.
Then you can add your preferred meat, if you like.
Begin a new layer of tortilla chips and cheese and salsa, then top with a layer of sour cream. Finish with a nice, thick layer of cheese.
Now pop it in a pre-heated oven at 180° and bake for 5-6 minutes, or until the cheese has melted completely.
Top generously with guacamole.
Serve warm.

search our recipes