• Bride of the year competition

Jabulani se Phutu Pap – lekker saam ‘n braai of in ‘n slaai

Posted in Braai Recipes

Mieliepap: ‘n stapelvoedsel vir die mense van Suid-Afrika. En maak nie saak saam met wie jy gesels nie, elkeen eet sy mieliepap op sy of haar eie manier: of dit nou saam ‘n lekker stukkie boerewors en ‘n uie-en-tamatie-sousie is of self ‘n krummelpap met ‘n bietjie melk en suiker, om pap te eet is om Suid-Afrikaans te wees.

Die Rustenburg Herald is tans besig met voorbereiding vir ‘n baie spesiale reeks van “sishebo”, resepte wat perfek gaan saam met pap en vleis: ‘n ietsie om seker te maak dat jou man of vrou (of selfs die kinders) nie die All Gold-tamatiesousbottel moet byderhand hou om hul daaglikse pap te geniet nie. Ons het vier baie spesiale kosse in gedagte vir die komende weke se “Rustenburg Herald raak die klits kwyt” maar toe wonder ons ook: weet almal hoe om daardie perfekte pot pap te maak?

Ja, almal van ons het al iewers (by ‘n braai of Sondagmiddag-familiebyeenkoms) ‘n lekker pot pap gemaak. Maar wat van die van ons wat nie krummelpap kan maak nie? En selfs ‘n lekker stywe pap is soms meer ‘n kuns as iets so maklik soos volg die resep. En dan is daar ook die vraag: is dit waar dat sodra jy pap wat brand ruik dit beteken dat jou pap reg is?

Hopelik kan die Rustenburg Herald hierdie week saam met kollega Jabulani Senyatso, ‘n staatmaker wanneer dit by pap voorberei kom, ‘n paar van hierdie vrae antwoord. Jabulani wys vir ons hoe maak mens ‘n lekker stywe pap en dan is daar ook ‘n spesiale pap-tert resep vir diegene wat lus is vir iets meer...

 

Krummelpap

Bestanddele:

375 ml water
5 ml sout
300 g mieliemeel

Metode

Kook die water en die sout in ‘n kastrol, gooi die mieliemeel stadig by sodat dit ophoop en die water rondom kook. Moet dit nie roer nie! Sit die kastrol se deksel op en kook 10 tot 15 minute stadig sonder om die deksel oop te maak. Na die tyd, klop dit goed met ‘n groot vurk en sit die deksel terug. Laat verder oor baie lae hitte gaar word (vir ongeveer 1 uur).

Stywe-pap

Bestanddele:

1 lt water
4 koppies mieliemeel
1 stukkie botter
1/4 teelepel sout

Metode

Kook die water, sout en botter. Gooi die mieliemeel stadig by terwyl jy dit met ‘n houtlepel roer. Maak die deksel toe en roer dan net elke 10 minute met die houtlepel. Verminder die hitte en laat die pap vir 30 minute kook.

Pap tert

Bestanddele:

6 koppies mieliemeel
2 pakkies bacon, gesnipper
2 pakkies sampioene, gesny
2 blikke geroomde sampioene
2 blikke tamatie en uie
500 ml gerasperde kaas
500 ml room

Metode

Verhit die oond na 180˚C. Maak die pap slap tot styf gaar. Braai die bacon en sampioene saam. Pak lae van bestanddele soos volg: pap, bacon- en sampioen-mengsel, mielies, tamatie en uie. Herhaal die lae en eindig met ‘n pap laag. Strooi kaas oor en gooi daarna room oor die hele tert. Bak vir 20 tot 30 minute.

Tradisie om die kampvuur

Posted in Braai Recipes

Hier by Rustenburg Herald se "Raak die 'klits' kwyt" was ons nog altyd erg oor tradisie. Trouens, ons huidige "seisoen" van kos- kook- of bak-artikels is juis in die etnies, kultureel/tradisionele kategorie. Basies beteken dit enigiets wat jy, jou vriendin, jou suster of jou ouma ooit gemaak het. 
Verlede week op 'n sopnat Donderdag toe dit vir die eerste keer hierdie seisoen werklik lekker "gesous" het, was ons in die lekker warm Klein Karoo Kombuis - 'n plekkie waar ons al voorheen tussen die deeg en die vuur gesit het, maar weliswaar toe nog met die eerste eienaar. Die Klein Karoo Kombuis is al sedert die begin van die winter vanjaar op 'n splinternuwe plek met 'n splinternuwe eienaar. 
Die wonderlike ding van roosterkoek is dat jy dit met groot sukses met omtrent enige vulsel denkbaar kan voorsit - kaas, eier, maalvleis, uie, tamatie, konfyt, koue vleis, kerrie-en-rys of as jy regtig 'n tradisionalis is, sommer net "plein" botter of Margarien. As jy nou regtig nie weet wat en hoeveel nie, loer jy sommer in by Delene en haar span by Klein Karoo Kombuis en bestel vir jou 'n goeie klompie voorraad vir die res van die dag of die naweek. Ons gee graag vir jou 'n lekker resep hoe om heerlike roosterkoek te maak, en dan deel ons ook Delene se kerrie-en-rys-resep met jou... 

Ko’ saam Karoo toe…

Roosterkoek
Bestanddele

500ml Bruismeel
2.5ml Sout
25ml Suiker
25ml Margarien of olie
200 ml water

Metode

Sif die droë bestanddele saam. Meng die Margarien of olie daarby. Voeg die water by om 'n taamlik stywe deeg te vorm. Vorm die roosterkoekies met die hand - strooi 'n bietjie vars meel oor die deeg as dit erg aan jou hande vassit. Braai jou roosterkoeke op 'n oop- of toeklaprooster. Onthou om dit mooi dop te hou en dikwels om te draai. 

Kerriemaalvleis 
Die kerriemaalvleis is baie lekker op so 'n renerige dag - jy kan dit in jou roosterkoek of sommer soos "gewone" kerrie-en-rys (op 'n skeppie varsgekookte rys) gebruik. 

Bestanddele

30 ml sonneblomolie
500g maalvleis
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
20 - 30 ml kerriepoeier
15ml borrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 250 ml water

Metode

Verhit olie in 'n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so ongeveer 6 minute. Die vleisstukkies moet net taamlik goed van mekaar los kom. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek en laat vir minstens 2 uur prut. As dit lyk of jou vleis neig om droog te word, kan jy altyd 'n bietjie water byvoeg. Wanneer die kerrievleis gereed is, kan jy met etenstyd 'n tikkie blatjang bo-oor gooi. 

As jy meer wil weet of vir jou 'n lekker klompie roosterkoeke wil kry, (wat van 'n piekniek in die veld?) loer in by Klein Karoo Kombuis op die hoek van Beyers Naudé- en Boshoffstraat. Skakel gerus na 014 594 2689. Klein Karoo is elke dag van die week van 08:00 tot 19:00 en Saterdae van 08:00 tot 14:00 oop. Kom kry vir jou 'n happie egte Suid-Afrikaanse tradisie! 

Al gehoor van ‘n Rusten-BURGER?

Posted in Braai Recipes

Komaan - ons lewe in die 21ste eeu - is dit werklik so eenvoudig om te sê gewilde happies soos hamburgers, hot dogs, ‘n worsrolletjie of die eindelose variasies hiervan is gemorskos?
Miskien was dit nog die geval in die sewentigerjare toe niemand einlik omgegee het wat hulle doen nie.

Vandag is dit ‘n ander storie. Wihan Fourie van Rustenburg Herald en vroulief Wilmé van Van Straten Ouditeure is ‘n paartjie wat nie net “somme” in gemeen het nie - die Fouries is ook bekend vir hul Rusten-BURGERS wat hulle voorberei met die heerlikste papatas (‘n tipe plat suurdeegbrood) wat hier in Rustenburg deur ‘n bekende kafee (Bonanza Supermarket - Joe: 014 596 5323 / 082 647 498) op bestelling gebak word en natuurlik hul eie spesiaal gemaakte geurige “patties”.

Wihan en Wilmé het ons genooi om op ‘n Vrydagmiddag te kom aansit en na die pragtige sonsondergang vanaf hul veranda te kyk terwyl dié twee in die kombuis woeker.
Die geheim lê uiteraard in die vulsel en die spesiale “pattie” - so maak mens!

Hier is die resep vir ons unieke
Rusten-BURGER

Bestandele:
(genoeg vir 4)

Vleis-“pattie”:

1kg Maalvleis
1k Oats
2 Eiers geklits
1 pakkie Bruin uiesop
Sout & Peper na smaak

Meng alles liggies maar deeglik deur.
Vorm die “patties” lekker groot met die hand - die gemiddelde papata-broodjie is ‘n rapsie groter as die gewone hamburgerbroodjie.
Laat rus vir ‘n halfuur of langer in die yskas en braai dan op ‘n rooster oor die kole of in ‘n pan – pasop vir té gaar!

Sampioensous:1 pakkie gesnyde sampioene gebraai in botter en gegeur met aromat -
voeg 1 eetlepel koekmeelblom daarby en roer goed deur. Voeg dan 500 ml room by terwyl jy steeds roer en volg met ‘n sopie Old Brown Sherry.
Laat prut en hou warm tot nodig.

Pak jou Rusten-BURGER so:
Begin met die blaarslaai op die oopgesnyde helfte van ‘n papata gevolg met ‘n paar skyfies tamatie, pynappelringe, jou “pattie”, gekaramaliseerde rooi uie, sampioensous en gerasperde kaas bo-oor en jy’s gereed om uiteindelik heerlik te smul!

Sit jou handjies saam en sê “koebaai”.

Yes, it's a braai with something hot on the side!

Posted in Braai Recipes

Yes, it's a braai with something hot on the side! 

When South Africans come together for a braai, there's usually a host of side-dishes that compliment the menu and more often than not, you will find that some of these side-dishes are way better than the main course on the menu. Traditionally a braai is complimented by pap (especially in the Western Cape) toasted sandwiches and a host of salads such as potato or rice salad. Some folks prefer freshly-baked bread and others enjoy the ever popular chips.
In this week's edition of our weekly "cook" the second batch of Mrs Rustenburg finalists in this year's Mrs Rustenburg competition, comes up with a simple but very tasty beans, cucumber & chakalaka which is enjoyed with ordinary pap.
In is interesting to note that the somewhat hot chakalaka really compliments the taste and flavour of your meat - a surprisingly good combination! 

The beans & chakalaka recipe is prepared as follows: 

Start off by making ordinary pap - enough for six to eight people.
Though the pap is an ever popular dish, the secret is in the chakalaka and beans.
This you do as follows: 

Beans & Cucumber Chakalaka

Ingredients

1 can of Chakalaka hot & Spicy 
1 can of Koo baked beans
1 fresh cucumber
Maggi Sweet Chilli seasoning

Method

Chop the cucumber into several small pieces and mix with the Chakalaka, beans, cucumber and season to taste. Serve a generous helping of pap and cover with the chilli Chakalaka beans and cucumber "sauce" as a side-dish with your meat. The quite hot chilli chakalaka beans and cucumber is a winner - especially during the winter and also brings out the flavour of your meat.

Ons “pof op” vir Superrugbyseisoen

Posted in Braai Recipes

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Met die Superrugby-reeks wat pas weer begin het en vir die meeste Suid-Afrikaanse spanne wat 'n uitstekende begin gehad het deur feitlik al hul wedstryde teen oorsese spanne te wen (behalwe die Bulle) is Vrydae- en Saterdae vir die volgende klompie maande 'n opwindende tyd.
Lekker rugby voor die TV met 'n eet- en drinkdingetjie in die hand of naby is darem nie te versmaai nie. Des te meer as jy 'n ekstra geldjie kan bespaar deur jou eie eetgoedjies te maak - wie weet - dalk kom 'n klompie vriende oor en jy het darem 'n ietsie lekkers om voor te sit.
Mnr Kleinboet Boonzaaier van Rustenburg is al goed bekend vir die lekkernye/happies/heerlike eetgoed wat hy op betreklik gevorderde ouderdom voorberei.

Sy jongste verrassing is die sogenaamde poffertjies wat skynbaar by almal byval vind. Oom Kleinboet maak sy poffertjies soos volg:


Poffertjies

Bestanddele:

500 g bruismeel (self raising flower)
½ teelepel sout
1 blikkie bier
1 blikkies boeliebeef
olie

Metode:

Gooi die meel in 'n mengbak, en voeg 'n knippie sout by. Krummel die beef met 'n vurk of mes in die meel. Roer in die meel in. Neem 'n goeie slukkie bier uit jou blikkie/botteltjie - anders is die meel 'n bietjie te loperig.
Gooi die res van die bier in die mengsel en meng goed deur. Verhit nou die olie en wanneer dit die gewenste temperatuur bereik het, skep klein skeppies beslag met 'n langsteel-teelepel uit die bak en plaas in die olie om te bak/kook.
Laat bak tot mooi goudbruin en gaar. Skep met 'n gaaitjieslepel uit die olie en strooi ligweg met Aromat of Braaispeserye (Barbeque Spice).
Vir ietwat meer van 'n branderige smakie - gebruik Chillie Beef.
Laat goed afkoel en bedien of geniet terwyl jy lekker voor die TV uitspan.

search our recipes