Johnny ‘loop’ ‘n barshou!

Posted in Sport

Gedurende die 2017 WOMZA (World of Motorsport South Afica) veldrenseisoen het Johnny Walker van Rustenburg weer eens die “Special” Kategorie (pypraamvoertuie) sowel as die Klas B-kampioenskap gewen met sy selfgeboude “Bushwalker Sandmaster”. Ons wens alle Rustenburgse deelnemers in die motor- en motorfietsafdelings sterkte toe vir die 2018 seisoen wat op 27 Januarie 2018 in Hartbeesfontein afgeskop het.

Lees meer in ons 23 Februarie 2018 weergawe.

Squash tournament

Posted in Sport

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - On 27 and 28 January the Rustenburg Squash Club hosted its annual Rustenburg New Year’s Squash Tournament. The tournament, with 12 entered teams, attracted the likes of teams from Puk University, Potchefstroom country club, Adelaars, Uitsig, Western Rackets and Klerksdorp, and consisted of a healthy constituent of the Rustenburg Squash Club membership, with a total of 4 teams entered locally.

Read more in our 9 February 2018 edition.

Chelize breek nog ‘n paar rekords

Posted in Sport

Chelize Swart het op Dinsdag 23 Januarie aan die Interhuis-atletiekbyeenkoms van Hoërskool Rustenburg deelgeneem en baie goed gevaar. Sy het aan die spiesgooi vir DO/17 deelgeneem en het Sunette Viljoen se rekord, wat in 2000 opgestel is, verbeter van 42.50m na 44.11m. Fantastiese prestasie, maar dit is nie al nie! Chelize het ook, net vir deelname daardie dag, aan die gewigstoot deelgeneem en het die rekord wat daar gestaan het vanaf 1995 van A Smith, verbeter van 12.06m na 12.53m. U sal dalk onthou dat Chelize verlede jaar die 36-jarige rekord van L Roux met die spiesgooi ook verbeter het tydens die huissport.

Lees meer in ons 2 Februarie 2018 weergawe.