Spur Bergfietsreeks

Posted in Sport

Die eerste opwindende been van die gewilde Spur Bergfietsreeks vir Noordwes-skole (2019) is die afgelope naweek by Bergheim net buite Rustenburg beslis. Verskeie plaaslike fietsryers waaronder talle van die Hoërskool Rustenburg, wat die gasheer was, asook skole in die Klerksdorp-omgewing, het aan die rondte deelgeneem en uitstekende prestasies is opgelewer.