Minnesanger kom kuier in Klerksdorp

Written by KlerksdorpRecord. Posted in entertainment

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Matt Stern is meer bekend as ‘n akteur. Kykers van Kyknet sal hom onthou vir sy onlangse rol in Huis Lelieveld. Diegene wat 7de Laan volg, sal hom onthou as die skurk Koert Conradie.

Hy is egter ook ‘n sanger en het in die jaar 2000 aan die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste deelgeneem en die kategorie vir sangers ouderdom 25-29 gewen.

Dié minnesanger tree op Sondag 13 Februarie by Ficassio in Ianstraat, Wilkoppies op. In sy middagvertoning wat om 15:00 sal begin, sal hy hulde bring aan legendariese sangers soos Frank Sinatra en Elvis Presley.

Die vertoning is ten bate van Trauma First Responder Chaplaincy en kaartjies kos R150 elk. Die prys sluit ligte verversings in.

‘n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.

Kaartjies is by Joanita, 061 506 4260, Audrey 076 862 3291 en Madeleine 061 603 4832 beskikbaar.