Boerseun sterf in fratsongeluk

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Avontuurlustige boerseun van Coligny se lewe is kortgeknip in ‘n fratsongeluk naby Polokwane in Limpopo. Petro Botha treur oor haar enigste seun, Nico Killian (28) wat Saterdag 22 Februarie in ‘n ongeluk met ‘n veldrenmotor dood is. Dit voel nog soos gister toe sy trots langs hom op sy troue vir foto’s geposeer het. Nico en sy vrou, Ané is op 28 September verlede jaar getroud. Ané is ook van Klerksdorp. Haar ouers is Jeremy en Ronel Bosman.

To read the full story, read page 4 of our 28 February 2020 issue.

UA-34805051-1 UA-34805051-1