Hoofdirekteur glo betrokke by veediefstal

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die hoofdirekteur by die NW Onderwysdepartement is verlede week in hegtenis geneem op klagtes van veediefstal.

Gift Ramadie en sy werker, Goitsemodimo Modukanele, het op Maandag 22 Februarie in die landdroshof op Delareyville verskyn nadat gesteelde beeste op sy plaas gevind is. Die saak is tot 2 Maart uitgestel vir ‘n borg-aansoek.

“Die inhegtenisneming het gevolg nadat boere uit die omgewing ‘n private helikopter gehuur het om sewe stoetvee op te spoor. Die vee is gevind op een van die eiendomme van Ramadie. Sowat 150 gesteelde beeste is gevind, waarvan verskeie wat verlede jaar as gesteel aangemeld is, aan hul eienaars teruggegee is. Die oorblywende beeste in die kamp is gekonfiskeer en word in Lichtenburg geskut, hangende verdere ondersoek,” sê Carìn Visser LP, DA Noordwes Kiesafdelingshoof, Tswaing.

Die DA eis dat ‘n in-diepte ondersoek deur die Valke en SAPD se veediefstaleenheid dringend ingestel word na die vee wat op ander plase in besit van die beskuldigde gehou word om te verseker dat geregtigheid geskied.

Volgens brig Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is ‘n stoetbul ter waarde van R120 000 op Ramadie se plaas op Barberspan gekry. Die bul is glo onlangs in die distrik gesteel.

UA-34805051-1 UA-34805051-1