Nog duurder petrol in Maart

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Alle aanduidings is dat die brandstof-prys weer volgende maand kan styg, alhoewel die styging nie so groot sal wees as wat dit in Februarie was nie.

Die eerste twee weke van die vierweek-oorsigtydperk vir Maart se brandstofpryse is verby, en die onderverhandelings teen druktyd sien as volg daaruit: 95-oktaan-petrol: 56c per liter; 93-oktaan-petrol: 54c per liter; Diesel met 0,05% swael-inhoud: 45c per liter; Diesel met 0,005% swael-inhoud: 47c per liter; Paraffien: 40c per liter.

Die rede vir die duurder pryse word voor die deur van stygende internasionale brandstofpryse gelê. Soos wat ekonomieë geleidelik oopgestel word na die streng Covid-19-inperkings, neem die vraag na brandstof toe. Die prys van Brent-ruolie het die afgelope twee weke met 14,4% gestyg en verhandel tans teen $63,52 per vat.

Die sterker vertoning van die rand die afgelope twee weke, van R15,22 tot R14,56, bring mee dat dié geskatte verhandelings nie nog hoër is nie. Verbruikers betaal reeds sedert die aanvang van die jaar R1,21 meer vir 95-oktaan-petrol en R1,24 meer vir 95-oktaan-petrol. 

Diesel het aan die begin van die jaar met 55c (vir 0,05% swael), en 54c (vir 0,005% swael) toegeneem, en vir die jaar tot op hede is ‘n styging van R1,13 vir albei grade aangeteken.

* Met vergunning deur Senwes Scenario.

UA-34805051-1 UA-34805051-1