Die beste in Noordwes

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Lilica Burger van KHS is die topmatriek in Noordwes kwintiel 5-skole.

Sy spog met 7 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 93.6%. Sy het A’s in Engels, Wiskunde, Afrikaans, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap asook Lewensoriëntering.

“Ek wil ‘n sjirurg word en wou dit doen van ek 3 jaar oud was,” vertel sy. Sy meld op Saterdag 27 Februarie by die Universitetit van Pretoria aan vir mediese studies en sy gaan in die Curelitzia koshuis bly. Dit is slegs mediese studente wat daar bly.

“Ek is só bly oor my uitslae. Dit is presies wat ek voor gewerk het,”sê sy.

Die inperking het haar nie onder gekry nie, en volgens haar het sy die lekkerste in die tyd gewerk, want sy kon volgens haar eie tempo werk.

Sy is ‘n uitblinker in gimnastiek en was onderhoofmeisie. Die jaar het geen skolesport en kultuurbedrywighede gehad nie. “Ons het die beste onderwysers in KHS. Hulle het so baie moeite gedoen. Ons kon hulle bel op die onmoontlikste tye en hulle het ons gehelp. Ek is so dankbaar vir hulle hulp. Ek is ook dankbaar vir my ouers want hulle het goeie werksetiek.”

Hoogtepunte oor die laate 12 jaar? “Elke social event. Skool was vir my lekker. Ek wou elke dag gaan. My bloed is blou,” lag sy.

UA-34805051-1 UA-34805051-1