Bekende rolbalegpaar sterf dae uit mekaar

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Noordwes Rolbal is in rou gedompel na die dood van hul president en sy vrou, albei weens Covid-19.

Jan Koekemoer is op Sondag 4 April oorlede na ‘n ligte hartaanval wat hy op 8 Maart gehad het. Hy het positief getoets vir Covid en was sedertdien in die hospitaal onder sedasie. Sy vrou Helena, ‘n staatmaker rolbalspeler het ook positief getoets vir Covid en is op 19 Maart opgeneem. Sy is twee dae later oorlede.

Ronnie Palmer, ervare speler en administrateur, beskryf Jan as ‘n deeglike president wat alles vir die spel gegee het. “Jan was ‘n man wat geglo het in die ou waardes en nie maklik kopgegee het vir vernuwing wat hy nie as noodsaaklik beskou het nie. Dit het beteken dat daar soms bietjie kopgestamp is.”

Jan was altyd ondersteun deur sy vrou en die twee word beskryf as aangename mense wat altyd tyd gehad het vir ander mense.

Rolbal Suid Afrika het Jan se afsterwe op hul webblad aangekondig. Rolbal in Noordwes gaan beslis armer wees sonder die Koekemoers.

UA-34805051-1 UA-34805051-1