Wonderwerkbaba dié jaar skool toe

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Wonderwerkbaba Katelyn Smith is vanjaar in graad een.

Dié petite blondekoppie het op Woensdag 12 Januarie, ‘n dag voor haar sewende verjaardag, by Laerskool Goudkop aangemeld.

Sy is steeds fyn en klein. Amper net soos haar geboortedag sewe jaar gelede toe sy op 27 weke aanmeld en skaars meer as ‘n blok margarine geweeg het. Pieter en Sharon Smith sal daardie eerste dae as nuwe ouers nooit vergeet nie. Hul dogtertjie was vir 88 dae in die hospitaal voordat hulle haar kon huis toe vat. “Dit was baie stresvol en ons was maar baie angstig vir die onbekende. Sy het maar 770g geweeg, maar ons was baie geseënd
en sy is nou net ‘n vreugde vir ons,’’ spog pa Pieter.

Die onderwyser-egpaar beskryf hul dogter as ‘n gesonde, gelukkige kind. Katelyn het intussen ook ‘n boetie bygekry.

UA-34805051-1 UA-34805051-1