Ingenieur in Hermanus begrawe

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die siviele ingenieur verantwoordelik vir die bou van verskeie landmerkgeboue in Klerksdorp, is verlede week oorlede.

Johan Beytell was 84-jaar oud met sy afsterwe op Vrydag 24 Junie. Hy het nog op 82 as siviele ingenieur werk. Die Klerksdorp Landdroshof, die varsproduktemark en die Muranti reservoir in Doringkruin het die Beytell-stempel van goedkeuring gedra.

Johan het in 1965 by die Klerksdorpse firma, Fick Hollenbach en Vennote aangesluit wat die fondasie was vir ‘n lang en suksesvolle ingenieursloopbaan. Hy en Annatjie was 61 jaar getroud voor haar afsterwe in November verlede jaar.

Die egpaar het diep spore getrap in Klerksdorp wat vir meer as ‘n halfeeu hul tuiste was. Hier het hulle vier kinders grootgemaak en Johan was bekend as ‘n rots vir sy familie en vriende. Hy was ‘n geliefde oupa en oupagrootjie wat sy liefde vir die restourasie aan veteraanmotors aan hulle oorgedra het.

Hy sal saam met sy vrou in hul geliefde Hermanus ter ruste gelê word. ‘n Troosdiens word later in Klerksdorp gehou.

UA-34805051-1 UA-34805051-1