Latest News

Stilfonteiner word 91

Posted in Latest News

Dolly Visser het haar 91ste verjaardag op Maandag 11 Julie gevier. Sy woon meer as vyftig jaar op Stilfontein en is die enigste oorblywende kind van sewe. Volgens haar dogter, Petra Loots, is haar gesondheid nog goed. “Ons is net bevoorreg om haar nog in ons lewe te kan hê en dat sy vir ons nog gepaar is op 91,” sê sy. Dolly is nog deel van die Sewejaartjies by haar kerk (Hervormde kerk Stilfontein.) Sy het drie kinders, Loots, Johan Visser en Marianne Swart, vyf kleinkinders en ses agterkleinkinders.

UA-34805051-1 UA-34805051-1