Latest News

  • Brande in buurt - gemeenskap help in nood

    Brande in buurt - gemeenskap help in nood

    deur JP Myburg Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is nog duister waarom twee huise in Dawkinsville verlede week aan die brand geraak het, tog het die gemeenskap ingespring om die twee gesinne wat dakloos gelaat is, by te staan. Die eerste nuus van die brande het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei na ‘n Klerksdorper, Maryna Joubert op Vrydag 13 Julie die volgende plasing op Facebook gedeel het: “Twee huise nou afgebrand in Dawkinsville. Daar is kinders en ou mensies wat verslae staan met absoluut niks nie. Geen kos of slaapgoedere nie.”

    Read more

  • Klipgooier ontwyk die polisie

    Klipgooier ontwyk die polisie

    Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Ondernemings in Wilkoppies en Irene Park loop deur onder ‘n klipgooiende dief wat ‘n ruit oopbreek en hom dan self help aan waardevolle items binne die winkel. Klerksdorp Rekord is bewus van verskeie klein sake-ondernemings wat die afgelope maande onder soortgelyke inbrake deurgeloop het. Monique Brits wat die T’Nique Koffiewinkel in Theostraat het, is sy jongste slagoffer.

    Read more

  • Werk aan nuwe pad verloop seepglad

    Werk aan nuwe pad verloop seepglad

    Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Werk aan die nuwe pad tussen Doringkruin en die N12 by Matlosana Mall verloop nog soos beplan. Die pad sal inwoners van Doringkruin en die ander noordelike voorstede se toegang na die snelweg en winkelsentrum ingrypend verander. Die nuwe pad sluit by Murantiweg aan waar die kruising ‘n vierrigtingstop sal word.

    Read more

UA-34805051-1