Klerksdorpers honger vir ’n kosmark

Posted in Community

  • PC Leschinsky van Platteland Slaghuis verkoop burgers.

    PC Leschinsky van Platteland Slaghuis verkoop burgers.

  • Elsje Wilken van Delicious Delights se kolwyntjies is gou uitverkoop.

    Elsje Wilken van Delicious Delights se kolwyntjies is gou uitverkoop.

  • Rhapsody’s se stalletjie was baie gewild. Kobus van Zyl is hier in aksie agter die kospotte.

    Rhapsody’s se stalletjie was baie gewild. Kobus van Zyl is hier in aksie agter die kospotte.

  • Deniehl en Eduan Booyens is by Naturally You se kosstalletjie gekiek.

    Deniehl en Eduan Booyens is by Naturally You se kosstalletjie gekiek.

  • Monique Stoltz van Faith Brew se heerlike gevulde bagels was ‘n wenner.

    Monique Stoltz van Faith Brew se heerlike gevulde bagels was ‘n wenner.

  • Pieter Ernst is by die Bona Bona-stalletjie gekiek.

    Pieter Ernst is by die Bona Bona-stalletjie gekiek.

  • Bart Havenga se bestelling is groot.

    Bart Havenga se bestelling is groot.

    Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Koinonia Kosfees het nie net besoekers se honger gestil nie, hulle is ook geestelik verryk.

    Dié mark was nog altyd Chris van Eeden se droom en hy het dit van stapel gestuur met die hulp van verskeie borge en “geesgenote’’. Die fees op Saterdag 30 Julie was meer as ‘n sukses - die organiseerders is oorstelp met die bywoning en besoekers se gemoedelikheid en samehorigheid.

    Hy beskryf die betrokkenes as foodies wat ‘n fees wou skep wat spreek van elegansie, ‘n liefde vir goeie kos en dan ook die verryking van die besoekers. “Ons het daarin geslaag. Almal is so positief. Ek is moeg vir die negatiwiteit en wou mense meer positief laat voel. Dit is die terugvoer wat ek kry,” vertel hy.

    Hy het die fees as ‘n elegante, eksklusiewe byeenkoms aangebied en wil daarop voortbou met meer uitstallers en nooi borge om betrokke te raak. Hy is egter baie dankbaar vir diegene wat vanjaar reeds betrokke was. Hy wil ook wys dat Klerksdorp nie ‘n derderangse stad is nie en dat hier wonderlike, kreatiewe en gesofistikeerde mense is.

    Die bywoning het hom oorrompel met heelwat meer mense en motors as wat verwag is. “Al die stalletjies het uitverkoop - sommige selfs twee keer!”

    Die toekoms? “Ons kyk daarna om die fees so twee keer per jaar aan te bied. Van die terugvoer is dat ons dit elke twee maande moet doen en as finansies dit toelaat kan ons daarna kyk. Ons wil dit egter eksklusief hou.”

    UA-34805051-1 UA-34805051-1