News: Local

Brande in buurt - Gemeenskap help in nood

Posted in Latest News

deur JP Myburg

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is nog duister waarom twee huise in Dawkinsville verlede week aan die brand geraak het, tog het die gemeenskap ingespring om die twee gesinne wat dakloos gelaat is, by te staan. Die eerste nuus van die brande het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei na ‘n Klerksdorper, Maryna Joubert op Vrydag 13 Julie die volgende plasing op Facebook gedeel het: “Twee huise nou afgebrand in Dawkinsville. Daar is kinders en ou mensies wat verslae staan met absoluut niks nie. Geen kos of slaapgoedere nie.”

To read the full story, read page 1 of our 20 July 2018 issue.

Klipgooier ontwyk die polisie

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Ondernemings in Wilkoppies en Irene Park loop deur onder ‘n klipgooiende dief wat ‘n ruit oopbreek en hom dan self help aan waardevolle items binne die winkel. Klerksdorp Rekord is bewus van verskeie klein sake-ondernemings wat die afgelope maande onder soortgelyke inbrake deurgeloop het. Monique Brits wat die T’Nique Koffiewinkel in Theostraat het, is sy jongste slagoffer.

To read the full story, read page 3 of our 20 July 2018 issue.

“Elke dag beter” na amputasie

Posted in Latest News

deur JP Myburg

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Jan Venter se linkerbeen is ‘n maand gelede geamputeer na hy infeksie opgedoen het na ‘n vernouing in sy are en bloedsomloop. Jan het erge swelling in sy been en voet ervaar en na ‘n prosedure om die swelling te verlig het septisemie ontwikkel. Hy het vir talle opvolg behandelings gegaan, maar moes later hoor dat die weefsel nie gered kon word nie. “Hulle het toe opereer. Gangreen kan tot op ‘n punt behandel en genees word, maar dit was reeds te laat. Die sepsis en gangreen was net te veel en dokters het ons meegedeel dat hulle nie die been sal kan red nie. Sy enigste kanse op ‘n waardige herstel was ‘n amputasie,” het Jan se skoondogter, Tanya Venter gesê.

To read the full story, read page 4 of our 20 July 2018 issue.

Kleuter verloor stryd teen seldsame siekte

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Vir byna ses jaar is sy vir hulle geleen, en nou moet Werner en Danell Grobler die week finaal afskeid neem van hul jongste kind wat Sondagmiddag in haar ouerhuis oorlede is. Melassindroom wat op nege maande by klein Wiané gediagnoseer, het te veel geraak vir die klein lyfie en sy het vroegaand op 15 Julie gesterf.

To read the full story, read page 4 of our 20 July 2018 issue.

School creates sport facility for all

Posted in Latest News

Klerksdorp Record, Stilfontein - Hoërskool Stilfontein is participating in the annual Youth Citizen Action Programme and busy with plans to create a new recreation centre in this town. “It is so sad that the Strathvaal Recreation centre is in such a bad state and that there is no alternative for community members to participate in sports or have a place they can go to, to practice and participate in community sporting events."

To read the full story, read page 5 of our 20 July 2018 issue.

UA-34805051-1