-
Laerskool Saamtrek se o/9A-span het die NW A-liga gewen.
-
Laerskool Saamtrek se o/10A-span is Noordweswenners.
-
Laerskool Saamtrek se o/11A-span is Noordweswenners.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp se laerskool rugbyspanne is kookwater en het in die Noordwes A-liga geseëvier.
Die finale wedstryde in die liga het op Dinsdag 14 Junie in Potchefstroom plaasgevind en is deur Klerksdorpspanne gedomineer.
Laerskool Saamtrek was die enigste laerskool in die provinsie wat vier A-spanne in die finaal gehad het, asook hul o/13C span.
Drie van die spanne het as wenners uit die stryd getree.