Boeties van staal

Posted in Schools

Die Theron boeties is beslis twee atlete om dop te hou. Die jongste, Jacques (12) is hierdie jaar in Gr 7 in Laerskool Goudkop en is weereens op 22 Januarie as die skool se Victor Ludorum aangewys. So volg hy in ouboet DC (15), se spore wat ook, soos Jacques elke jaar van sy laerskoolloopbaan die gesogte prys huistoe gevat het.