Vuurpyle vlieg pryse los

Posted in Schools

Klerksdorp Rekord Klerksdorp - Die vyfde Water Rocket Challenge wat die Klerksdorp Rotariërs aanbied, het die afgelope naweek by Hoërskool Wesvalia plaasgevind. Volgens die organiseerder, Nico Kritzinger, het 17 spanne op Sondag 6 Mei deelgeneem en was dit ‘n groot sukses.

Oud-Wessie presteer

Posted in Schools

Oud-Wessie en Klerksdorper, Annette Koen verteenwoordig SA in die “Southern African Regions” kampioenskap. Sy verower goud in die 10 000m stap o/20-span.

Hoërskool Klerksdorp Nuus 2018

Posted in Schools

  • Kayla van der Bergh en Méanri Erasmus, albei KHS’ers, is gekies vir die finale ASA span om aan die CAA Southern Region en Junior kampioenskap die naweek in Boksburg deel te neem. Slegs 4 junior atlete is na die kampioenskap genooi. Kayla neem ook van 4-10 Mei deel aan die South Africa Schools Athletics National  COSSASA Championships in Botswana.

    Kayla van der Bergh en Méanri Erasmus, albei KHS’ers, is gekies vir die finale ASA span om aan die CAA Southern Region en Junior kampioenskap die naweek in Boksburg deel te neem. Slegs 4 junior atlete is na die kampioenskap genooi. Kayla neem ook van 4-10 Mei deel aan die South Africa Schools Athletics National COSSASA Championships in Botswana.

  • Vyftien redenaars van KHS het verlede week in Rustenburg aan die ATKV semifinale vir voorbereide en onvoorbereide praat deelgeneem. Drie leerlinge, Helgaardt Holtzhausen (gr 12; onvoorbereid), Ané Venter (gr 10; voorbereid) en Carla Bruwer (gr 9; voorbereid) het na die finaal deurgedring. Op die foto is (voor) Theunis van der Merwe, Mijanca Swartz, Micheline Visagie, Carla Bruwer, Chané Ouwencamp, Reghard Jooste, (agter) Hennie Dreyer, Carla Bisschoff, Cherie Potgieter, Alison Nienaber, Ané Venter, Helgaardt Holtzhausen, Simeon Joubert, Danél Smit en Lilica Burger.

    Vyftien redenaars van KHS het verlede week in Rustenburg aan die ATKV semifinale vir voorbereide en onvoorbereide praat deelgeneem. Drie leerlinge, Helgaardt Holtzhausen (gr 12; onvoorbereid), Ané Venter (gr 10; voorbereid) en Carla Bruwer (gr 9; voorbereid) het na die finaal deurgedring. Op die foto is (voor) Theunis van der Merwe, Mijanca Swartz, Micheline Visagie, Carla Bruwer, Chané Ouwencamp, Reghard Jooste, (agter) Hennie Dreyer, Carla Bisschoff, Cherie Potgieter, Alison Nienaber, Ané Venter, Helgaardt Holtzhausen, Simeon Joubert, Danél Smit en Lilica Burger.

  • Vier redenaars-sprekers van KHS het op 17 Augustus aan die ATKV Finaal te Buffelspoort deelgeneem: Theunis van der Merwe (gr. 8), Carla Bruwer (gr. 9), Ané Venter (gr. 10) en Helgaardt Holtzhausen (gr. 12).

    Vier redenaars-sprekers van KHS het op 17 Augustus aan die ATKV Finaal te Buffelspoort deelgeneem: Theunis van der Merwe (gr. 8), Carla Bruwer (gr. 9), Ané Venter (gr. 10) en Helgaardt Holtzhausen (gr. 12).

  • Helgaardt Holtzhausen is aangewys as algehele wenner 2018 vir onvoorbereide praat.Hy neem sedert 2015 deel aan die redenaars, maar verkies om aan die onvoorbereide afdeling deel te neem. In 2015 eindig hy onder die top vyf sprekers, in 2017 sesde en in 2018 word sy groot droom bewaarheid om die gesogte toekenning te ontvang. Die tema was: “Moet Geskiedenis Lewensoriëntering as skoolvak vervang.” Helgaardt het positief oor die onderwerp geredeneer omdat hy geskiedenis baie interessant vind.

    Helgaardt Holtzhausen is aangewys as algehele wenner 2018 vir onvoorbereide praat.Hy neem sedert 2015 deel aan die redenaars, maar verkies om aan die onvoorbereide afdeling deel te neem. In 2015 eindig hy onder die top vyf sprekers, in 2017 sesde en in 2018 word sy groot droom bewaarheid om die gesogte toekenning te ontvang. Die tema was: “Moet Geskiedenis Lewensoriëntering as skoolvak vervang.” Helgaardt het positief oor die onderwerp geredeneer omdat hy geskiedenis baie interessant vind.

    Laerskool Noordvaal groet hul skoolhoof

    Posted in Schools

    Laerskool Noordvaal het afskeid geneem van hul skoolhoof, Roelof van Wyk en sy vrou, Elmarie. Hierdie onderwysegpaar was bykans 40 jaar by die skool betrokke. Van Wyk het in 1982 ingestap as onderwyser by dié laerskool en vinnig die trappies geklim tot skoolhoof van dié skool. Juffrou van Wyk was soos kinders en mede-personeellede beskryf het ‘n “liefdevolle onderwyseres” gewees en het altyd “omgegee” vir haar leerlinge. Die egpaar het mekaar ook by die skool ontmoet, verlief geraak en getrou. Van Wyk sal altyd onthou word vir iemand met ‘n oopdeur vir ouers, personeel en leerlinge en het altyd gespog met ‘n skitterende, mooi opgeknapte terrein. Hulle het diep spore in die gemeenskap getrap.