Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die wintervakansie breek die week aan en dit beteken groot laerskoolrugby op die spyskaart tot Saterdag.
KHS is die gasheer vir van die top o/12 rugbyspanne in die land. Spanne van Namibië, die Sharks, Bulle, Leeus, Cheetahs, Valke, Pumas, Griffons, Griekwas en Limpopo trek hier saam vir kaalvoetrugby uit die boonste rakke.