Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die afgelope naweek se rubberboot wedren het in Bloubergstrand plaasgevind in tipiese Kaapse weer met sterkte winde en ‘n ontstuimige see. Drie spanne van Noordwes se F1 rubberbootklub het aan die laaste kampioenskap van die seisoen meegeding. Boot S40 met Renier le Roux en spanmaat Jan Human, en boot S14 met Renier Cronje en spanmaat Francois van Rooyen, het uitstekend gevaar as die twee vinnigste bote in die p750 standaard klas.