Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die plaaslike opblaasbootklub moes die afgelope naweek tevrede wees met tweede plek by die Gariepdam waar die land se beste klubs aan die eerste nasionale byeenkoms deelgeneem het.
Dit was die ene opwinding by die Gariepdam waar die opblaasboot renjaers in aksie was. Die tweede en finale been in die kompetisie sal in September by Mosselbaai plaasvind. Die afgelope naweek het die Wes-kaapse klub, Valsbaai, koning gekraai met die F1-klub van Noordwes in die tweede plek en klub Agulhas in die derde plek.