Herstel die natuur se horlosie

Written by KlerksdorpRecord. Posted in Environmental Protection • Omgewingsake

Satellietbeelde van die aarde bied ‘n treffende prentjie van ons planeet gedurende die ure van duisternis.

Vanaf die ruimte verskyn die wêreld in die nag in die vorm van ‘n ingewikkelde massa van klein ligpunte, vasgekluister in konstellasies van nedersettings, dorpe en stede, en gekoppel aan ‘n spinnewerf van padnetwerke. Die vraag kan gevra word of dit as ‘n vorm van besoedeling beskou kan word? Watter skade kan lig aan ons of die omgewing doen?

Dit was die sterrekundiges wat eerste die argument aangevoer het dat oortollige lig beskou kan word as ‘n vorm van besoedeling, en wat ons uitsig versteur oor die naghemel.

Toenemende bewyse dui egter daarop dat kunsmatige lig meer diepgaande gevolge op die omgewing kan hê as bloot ons siening dat dit ons sig van die sterre belemmer.

Die natuur se lig siklusse. Vir nagenoeg vier biljoen jaar het die lewe op aarde ontwikkel onder natuurlike siklusse van lig - nag en dag. Die fases van die maan en die sirkulering daarvan en die verkorting van dae deur seisoene. Hierdie siklusse is vasgevang in die gedrag, gewoontes, en fisiologie van diere en plante. Hulle gebruik die wisselende duur van daglig gedurende die jaar as ‘n teken om seisoenale gebeurtenisse te aktiveer.

Die interne biologiese klokke wat die 24-uur siklusse van die produsering van die hormoon melatanien in mense en diere reguleer, word voortdurend herkalibreer deur wisselende tydperke van lig en duisternis. Melatonien speel ‘n deurslaggewende rol in die beheer van slaap - wakker siklusse, wat chemiese slaperigheid veroorsaak, en wanneer dit tyd is om te slaap en liggaamstemperature te verlaag wanneer ons uit is vir die telling!

Die verdeling van tyd tussen dag en nag reguleer tydperke van aktiwiteite en rus in diere - wanneer om te jag of te eet en wanneer om te slaap. Dowwe natuurlike ligbronne help nagdiere om te oriënteer en te navigeer. Onlangse navorsing byvoorbeeld toon dat miskruiers die dowwe spoor van die Melkweg gebruik om hul pad te vind.

Omgewings ontwrigting. Die gevolge van die bekendstelling van kunsmatige lig in hierdie komplekse verhoudings is diep-gewortel, en wat die spektrum van spesies beïnvloed.

‘n Paar voorbeelde: Navorsing op voëltjies wat deel vorm van ons Swartmees familie, het getoon dat stadsligte in die nag, die voëltjies laat weier om eiers te lê. Die stadsligte veroorsaak, ook by sommige voëltjies, die ontwikkeling van gebrekkige voortplantingsorgane.

Maar erger nog, die ligbesoedeling beperk die jaarlikse migrasie van talle spesies en wat insluit voëls, vlermuise en selfs skilpaaie. Die migrasie en bewegingsgedrag veral by kleiner voëlspesies wat in vlak water wei, en wat bekend staan as “Waiders”, (soos ons Ruiters en Strandlopertjies) word ook deur die ligbesoedeling beinvloed.

Ligbesoedeling het ’n invloed, selfs op bladwisselende bome. Hulle produseer vroeër blare in die lente en behou dit later gedurende herfs.

Straatbeligting beïnvloed ook die strukture van natuurlike voedselkettings: ‘n Studie oor gras, het bevind dat gras onder ligte baie meer roofdiere en aasdiere lok, wat insluit spinnekoppe, kewers, miere en bosluise, in vergelyking met die gras op onbeligte kolle.

Ons moet begrip hê dat hierdie impak dieper langtermyn gevolge het vir die na-tuurbewaring, biodiversiteit en ekostelsels.

Die herstel van donkerte. Die eenvoudigste metode om ligbesoedeling te verminder is om onnodige buiteligte te verminder (of af te skakel) en om slegs nuwe ligte te installeer waar ‘n noodsaaklike behoefte is - die bykomende voordeel is dat dit geld spaar en koolstofvrystellings verminder. Verskeie metodes bestaan wel om lig te verminder.

Die vernaamste struikelblok om hierdie verminderings te laat realiseer is ‘n gebrek aan die bewustheid dat kunsmatige lig ‘n vorm van besoedeling kan wees.

Dit word ook erken en aanvaar dat helder ligte die nagtydse omgewing altyd veiliger, esteties, en meer aangenaam en wenslik maak, maar dit moet nie as ‘n gegewe beskou word nie, en bewyse daarvan word dikwels betwis.

Die behoud is om waar moontlik, die donker te herstel en om die slegte gevolge wat die onlangse jare se ligbesoedeling op die omgewing het, te probeer voorkom, sodat ons almal voordeel kan trek uit die natuurlike skoonheid van die nagruim.

Wenke om ligbesoedeling te voorkom:

* Verseker dat jou buiteligte nie in jou bure se erf of huis skyn nie.

* Skakel ongebruikte ligte af.

* Gebruik eerder warm geel ligte in plaas van skerp wit ligte.

* Gebruik die regte ligmontering sodat ligte nie opwaarts skyn nie.

** Johan Friedrich is ‘n prokureur met ‘n LLM (Omgewingsreg en - bestuur). Lesers kan kommentaar lewer op die rubriek deur ‘n Whatsapp te stuur na 083 306 0137 of ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.