Organiese tuinbou stof die ander uit
Organiese tuinbou word beskryf as die kweek van vrugte, groente en ander gewasse, sonder die toevoeging van kunsmis en ander chemikalieë of groeihormone in die grond. In plaas daarvan word afval van die tuin en die etenstafel tot sogenaamde kompos verwerk en in die grond ingewerk. Kraal- en ander mis en beenmeel kan ook gebruik word om die grond te verryk of peulgewasse kan op ‘n rotasiegrondslag in die grond gesaai word om stikstof daaraan toe te voeg. Chemiese plaagdoders is taboe!