Die wonderwêreld van die mierleeu
Heel moontlik het jy dit al meermale gesien - daardie tregtervormige gaatjies in die sand of stof in die veld, wat vir ‘n dwalende miertjie of ander insek ‘n dodelike valstrik kan wees. ‘n Swart miertjie hardloop om by die gaaitjie uit te kom maar die sand gly onder sy pote. Voor hy weet, gryp die mierleeutjie se knypers hom. Hy verdwyn stuk-stuk onder die sand in.