Berig oor bedelaars by kruisings

Posted in Letters

Van Heerden, via e-pos - Ek stuur die e-pos aan jou in die hoop dat daar ‘n artikel in ons plaaslike koerant oor die aangeleentheid sal verskyn.

By sommige van veral die vierrigtingkruisings in ons stad is daar persone wat byna daagliks daar staan.

Dit is opmerklik dat dit nie goed met die mense gaan nie en dat hulle omstandighede haglik is. Sien foto van die dame wat al die afgelope maande by die kruising van Plataan en Buffelsdoorn staan.

Sy is so maer soos ‘n kraai en is duidelik verslaaf aan een of ander middel. So is daar ook ‘n ander vroulike persoon by die kruising van die N12 en Latham, tussen Môrester kerk en Kentucky. Sy was ook op ‘n stadium swanger en het ‘n kind gehad wat verdwyn het!

Hoekom berig die “Record” nooit hieroor nie? Ek reken dit is een van vele sosiale verpligtinge van ‘n plaaslike koerant. Ek sien uit na enige reaksie hierop.

UA-34805051-1 UA-34805051-1