Swak vakmanskap

Posted in Letters

Stephen, via e-pos - Dit is met groot skok as ek elke keer van die Williamsstraat-kruising (by Austinstraat) gebruik maak.

Die teer is met paving vervang maar wat ‘n gemors.

Ek kan nie glo dat enige persoon of kontrakteur sulke werk kan lewer en dan word hulle betaal met ons belastingbetalers se geld nie.

Is die werk nou afgehandel of word daar nou eers vakansie gehou want ek sien die teer het nou verskuif na die middelmannetjie en die sypaadjies?

* Brief in Desember ontvang - red.

UA-34805051-1 UA-34805051-1