Legendariese lemon meringue

Posted in Bakes & Desserts

Deur Zandri Viviers

Bestanddele:
Onderlaag:
• 1 pakkie tenniskoekies
• 30ml gesmelte botter

Suurlemoenvulsel:
• 1 blik kondensmelk 
• 125ml suurlemoensap
• 1 eier
• 3 eiergele 

Meringue:
• 150ml strooi suiker
• knippie sout
• 3 eierwitte
 
Metode:
• Verhit oond tot 180°C.

Onderlaag:
• Maak tennis koekies fyn. Gooi gesmelte botter by en meng. 
• Druk plat in 'n gesmeerde 23cm bak.  

Suurlemoen vulsel:
• Meng kondensmelk, suurlemoensap en eiers saam. Gooi bo oor koekiemengsel.

Meringue:
• In 'n skoon bak, klits eierwitte en gooi strooisuiker en sout gelydelik by tot dit styf en glansend is.
• Skep meringue bo op die suurlemoenvulsel en bak in die oond vir 10-15min totdat die meringue liggies begin bruin word.
• Laat tert afkoel voor bediening.

UA-34805051-1 UA-34805051-1