Marmite tert

Posted in Bakes & Desserts

Deur Ansie van der Westhuizen

Bestanddele:
• 1 k meelblom
• 1 ½ t bakpoeier
• ½ t sout
• ¼ t droë mostert
• Knippie rooipeper
• ¼ lb botter
• 1 k gerasperde kaas
• 1 k melk
• 1 eier
• 1 t marmite
Metode:
• Sif droë bestanddele saam en vryf botter in.
• Voeg kaas by.
• Klits eier en melk saam, roer by mengsel.
• Bak vir 35 min teen 180 °C.
• Smelt 2 groot eetl botter en 1 t marmite en gooi oor warm tert.
• Strooi fyn biltong bo-oor.

UA-34805051-1 UA-34805051-1