Braai-paai

Posted in Others

Bestanddele:
• Twee rolle skilferskorsdeeg (beskikbaar by alle supermarkte).
• Twee dubbel handevol gesnipperde spinasie.
• enige tipe gaar vleis.
• 250 g spek, 1 groot ui, 1 rooi soetrissie, 1 geel soetrissie.
• 150 g sampioene.
• 100g feta.
• 100g cheddar.
• 100 g Mozarella.
• 1 eier.
• kwart koppie melk.

Metode:
• Ontdooi die deeg vooraf en rol uit op ’n snyplank.
• Braai die ui en spek en laat effens afkoel.
• Kerf die vleis, spinasie, kaas en rissie grof.
• Plaas nou eers die helfte van die rou spinasie op die deeg, pak dan die vleis op, dan die spek en uie, gevolg deur die sampioene.
• Sprinkel so nou en dan ’n bietjie van Ina Paarman se Rosemary and Olive-speserye en swart peper op - nie sout nie. Die bestanddele is sout genoeg.
• Nou volg die die kase en laastens word alles afgerond met die ander helfte van die spinasie.
• Sit die boonste laag deeg op en vou die rante dig toe. Dit is nogal ’n hoë hopie bestanddele, maar druk dit maar vooraf ’n bietjie plat en sit dan die deeg op. Verf die deeg met ’n mengsel van eier en melk.
• Gebruik ’n toebroodjierooster met randjies en braai die pastei nie te laag op die kole nie. Draai gedurig om en braai vir ongeveer 20 minute tot die deeg mooi bruin is, sny in porsies en geniet dit.
• Vir ’n vegetariese pastei kan die vleis net uitgelos word. Dis steeds heerlik. Maak ook jou eie kombinasies op.

UA-34805051-1 UA-34805051-1