Tamatie-en-Pynappel Relish

Posted in Others

Bestanddele:
• 1,5kg tamaties (trek skil af en kap grof)
• 3 uie, grofgekap
• 1 of 2 pynappels, in blokkies gesny of 'n blikkie pynappelstukke (gooi sap ook in pot)
• 1 koppie suiker (wit of bruin)
• 1 en 'n half koppie rooiwynasyn (of wit of bruin asyn)
• Chillies, opgekap (opsioneel)
• 2 knoffelhuisies, opgekap (opsioneel)
• 10ml olyfolie
• Sout en peper na smaak

Metode:
• Gooi olie in pot en braai uie tot sag en deurskynend.
• Voeg die res van die bestanddele by.
• Bring tot kookpunt en laat prut vir sowat 2 ure tot redelik afgekook. Roer gereeld.
• Skep die warm relish in gesteriliseerde bottels.
• Hierdie hoeveelheid maak gewoonlik 1 500ml - genoeg vir twee groterige Consol glasbottels.
• Bewaar op 'n koel plek - dit hou in elk geval nie baie lank nie.

UA-34805051-1 UA-34805051-1