Kaas-braaibroodjie

Posted in Others

deur Pieter Kruger

Broodjie
• 275 g / 500ml Koekmeelblom
• 25 ml Bakpoeier
• 2 ml Sout
• Knippie Rissiepeper
• 150g / 375ml Gerasperde Cheddarkaas
• 375 ml Melk
Metode
• Verhit die oond tot 220°C.
• Sif die droë bestanddele saam.
• Roer die kaas by en daarna die melk.
• Skep die beslag in 'n gesmeerde oondpan.
• Dit is 'n slap taai deeg wat jy so plat soos n pizza deeg in die oondpan moet smeer.
• Bak ongeveer 12 minute lank of tot ligbruin en gaar.
• Sny in 8 x blokke en haal met 'n eierspaan uit die oondpan.
Bolaag
• 2 koppies Cheddarkaas
• 1 koppie Mayonnaise
• 125 g Spek
Metode
• Stel jou oond op braai.
• Meng die kaas, mayonnaise, spek en sampioene saam.
• Deel in gelyke dele en smeer bo-op die broodjie blokkies wat jy in 'n oondpan gepak het.
• Strooi paprika oor en sny van die sprietuie bo-oor.
• Sit in die oond en hou dop dat dit nie aanbrand nie.
• Bedien saam met 'n groen slaai.

UA-34805051-1 UA-34805051-1