Mosterdring

Posted in Others

Deur Waldo Labuschagne

Bestanddele:
• 4 eiers
• 250 ml water
• halwe koppie asyn
• 160 ml wit suiker
• 3 teelepels gelatien
• 3 teelepels mosterdpoeier
• 2.5 ml borrie
• 5 ml sout
• 250 ml room

Metode:
• Klits eiers, asyn, water en suiker baie goed.
• Meng mosterd en borrie by.
• Voeg gelatien by.
• Kook alles saam.
• Klits room styf en vou in.
• Laat verkoel en stol.
• Kan as 'n slaai of 'n bygereg bedien word.

UA-34805051-1 UA-34805051-1