Ingelegde rooi uie

Posted in Others

deur Bernard Ellis

• Die resep kan ook vir Jalapenos, Chilies en Peppadews gebruik word.
• Kerf jou rooi uie in ringe. Die dikte hang af van hoe jy daarvan hou.
• Gooi dit in 'n glashouer wat lugdig kan seel. Maak hom mooi vol tot bo met die uie.

Kook saam in 1 pot:
• 1 koppie asyn
• 1 koppie suiker
• 1 koppie water
• Gooi die kokende stroop oor die uie in die glas bottel en seel dadelik.
• Die uie kan binne 'n uur na verpakking gebruik word en kan tot 30 dae en meer in die yskas gebêre word. 
• Jalapeno, Chillies en Peppadews moet verkieslik so 8-14 dae staan voor gebruik.

UA-34805051-1 UA-34805051-1