Wen 'n ton kunsmis

Tuisgemaakte pasta deeg

Written by KlerksdorpRecord. Posted in Pasta

Deur Bernard Ellis

(Nee jy het nie 'n pastamasjien nodig nie. 'n Koekroller of 'n wynbottel werk perfek.)

Bestanddele
• 1 x groot eier
• Sout
• 100 g meel (ek gebruik sommer koekmeel)
(Maak genoeg deeg vir 4 persone)
Metode
Gooi die meel op die tafel (strooi sout oor).
Maak 'n gat in die middel van die meel.
Klits die eier in 'n koppie.
Gooi eier in die middel van meel.
Meng meel en eier geleidelik saam. Dit gaan lyk of dit nie wil bymekaar kom nie, of dit te droog is, wees geduldig. Die geheim is om baie goed te knie. Dit word baie elasties hoe langer jy dit doen. (Voeg klein bietjie water by as die deeg te droog is).
Maak die deeg in 'n bondel.
Draai toe in Cling Wrap en plaas in die yskas vir halfuur. Ek verkies 'n uur.
Wanneer jy begin uitrol, sny stukkies af en gooi 'n klam lap oor die wat nog gerol moet word.
Gebruik meel in die proses terwyl jy uitrol. Nie te veel dat die deeg te droog word nie.
Rol dit so dik uit soos wat pasta vir jou lekker is.
Gooi meel oor die uitgerolde pasta en rol op. Sny dit die breedte wat vir jou werk.
Rol dit af en gooi meel. (Te min meel tussenin sal veroorsaak dat dit vasklou, moenie dit te lank in die rolletjies los nie dit klou ook vas).
Pak dit in bondels (genoeg per persoon) of hang dit op om wind-droog te word.
Kook soutwater.
Gooi pasta in en kook vir 3 minute.
Haal uit en spoel vinnig af met koue water.
Plaas in bak, gooi knippie sout en olie oor.
Bedien dadelik.

Trastevere Pizza

Written by KlerksdorpRecord. Posted in Pasta

By Kent Olivato

(Named after the town in Italy where Kent's parents decided they want to open a restaurant in Klerksdorp)

Ingredients:
• A good pizza base.
• Mozzarella
• Tomato sauce for the base
• Caramelised onions with balsamic vinegar.

Method:
• Pop into the oven.
• Add Parma ham and fresh rocket after you've taken it out of the oven and serve.

Thandi se Oregano Alfredo

Written by KlerksdorpRecord. Posted in Pasta

Deur Thandi Masawe

Genoeg vir vier
Bestanddele:
• 20 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 g spek, in blokkies gesny OF hoender OF maalvleis
• 250 g portabellinisampioene, in skywe gesny
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 500 ml room
• 500 g penne-pasta

• Verhit olyfolie in 'n pan.
• Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend.
• Voeg ham en sampioene by en braai vir sowat 5 minute.
• Geur met sout en swartpeper.
• Voeg room by en laat oop kook vir sowat 10 - 15 minute totdat room effens afgekook en verdik het.
• Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer.
• Meng sous met pasta en sit voor met gerasperde gorgonzola, pecorino- en/of parmesaan-kaas

UA-34805051-1 UA-34805051-1